PvR Gemeenskapskerk

3 Augustus 2013 – by Doringkloof Mall
Fees begin 10h00

Fondsinsamelinsprojek ten bate van
Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Lyttelton en Rusoord Centurion

• Wonderlike gesinsgeleentheid. Kaartjies kos R100 per persoon, kinders onder twaalf gratis

• Lapa’s vir 40 persone word teen R4000 of R100 per persoon te koop aangebied.
• Die kaartjie sluit ‘n voorgereg, wildsvleis en groente , rys en ‘n nagereg in. Die gasheer/gasvrou van elke lapa kan ook hul eie bykomstige slaaie, broodjies en ander bykosse voorsien.
• Elke lapa word van potjies, dromme en vuur voorsien om hul eie potjiekos gaar te maak. Elkeen moet sy eie stoele, eetgerei en drinkgoed saam bring. Daar sal wel koffie beskikbaar wees.
• Die lapa se gaste kan in afwagting van die potjiekos hulle by die proe-stalletjie aan die krokkedil gebraai, mopanie wurms, konyn pastei, springbok frikadelle en ander koedoe, blesbok, eland en rooibok geregte verlustiig.
• In Tant Kitty se Kombuis sal tuisgemaakte koek, koeksisters, koekies, konfyt en heuning te koop aangebied word terwyl Oupa se Stoep biltong, droëwors en mampoer sal verkoop en nog baie meer stalletjies sal daar wees.
• Musiek asook vermaak vir die kinders sal verskaf word.
• Die fondse wat met die dag se verrigtinge ingesamel word, gaan gelykop tussen die Rusoord Centurion en CMR Lyttelton verdeel word.

Vir besprekings van ‘n Lapa of kaartjies kontak:
Carol Marais 082 338 7547 / Dries Steyn 082 726 3137

Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR)
• Die CMR is ‘n nie-winsgewende organisasie en lewer ‘n omvattende maatskaplike diens aan alle gemeenskappe ten einde hul sosiaal, emosioneel en ekonomies te bemagtig.
• Hulle beskik oor ‘n uitgebreide netwerk van professionele maatskaplike werkers, hulpwerkers, sielkundiges, ens en bied maatskaplike dienste aan alle gemeenskappe op alle vlakke, ongeag ras, ouderdom, geslag of assosiasie.
• Die Lytteltontak beskik oor drie maatskaplike werkers en hulpwerkers en die bestuurder is
• Henda van der Merwe.
• Vir verdere inligting kontak die CMR Lyttelton by telefoonnommer 012 664 5837 / 012 664 0901.

Rusoord Centurion
• Rusoord Centurion bestaan sedert Maart 1981 en is geleë op die hoek van Cradock & Potgieterlaan, Lyttelton.
• Tans word 24-uur versorgingsdienste aan ongeveer 135 verswakte bejaardes gelewer.
• Die versorging behels volle mediese versorging, drie maaltye per dag, skoonmaak van kamers en doen van wasgoed.
• Daar is maandeliks ‘n gaskunstenaar wat die inwoners met stories of musiek vermaak.
• Daar is ook daagliks huisgodsdiens en Sondae word die oggenddiens op TV in die sitkamer uitgesaai.
• ‘n Bussie neem die inwoners elke Woensdag na die plaaslike winkels vir inkopies.
• Die snoepie, wat bekend staan as ”Kitty se Spens”, verkoop heerlike tuisgebak, lekkers en koeldrank.
• Vir verdere inligting kontak Rusoord Centurion by telefoonommer 012 664 5835.

Views: 115

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service