PvR Gemeenskapskerk

Christenskap is Dissipelskap ... of nie?

Een van die belangrikste dinge waaroor ek tob die afgelope jaar of twee is "Dissipelskap".

 

Dit lyk vir my dat een van die primêre opdragte van die Here Jesus aan ons, Sy liggaam, was om dissipels te maak. Om mense te nooi, te begelei en te inspireer om "elkedagse" volgelinge van Hom te wees. Dit lyk ook vir my asof dit die een opdrag is wat ons as Sy liggaam klaaglik in misluk. Ons verstaan van kerkwees is meer "behoort aan" as "reis saam".

Ek het onlangs afgekom op 'n uitstekende e-boek, "Grow", deur Winfield Bevins.

Hier is die skakel om dit te lees of af te laai - Grow.pdf. Dit is so 70 bladsye lank en lees maklik. Dit verwys na die VSA as omgewing, maar dis volledig toepaslik ook vir ons omgewing.

Ek wil jou uitnooi om dit te lees en met my saam te gesels en saam te dink oor hoe ons 'n geloofsfamilie kan word wat volgelinge van Jesus is en ander help om Sy volgelinge te word en te wees.

_________________________________________________________________________________________________________

Die eboek is goedgunstiglik beskikbaar gestel deur die webwerf www.churchleaders.com en word verskaf deur www.theresurgence.com. Kyk gerus daar rond vir ander lekker leesstof

Views: 32

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service