PvR Gemeenskapskerk

Op elke kamp is daar 'n "D" dag. Vandag is "D" laaste dag.....more vertrek ons, vandag is "D" dag waar daar groot afwagting is vir die geestelike toeknoop van die pakkie en vandag is "D" dag waar die laaste groepe gaan snorkel. Daar is baie wat nie lus is om huis toe te gaan nie, maar daar is ook baie wat uitsien na 'n sandlose lekker warm bed, en dan is daar klein Jana wat nie kan wag om haar katte te sien nie.

Gister was weereens 'n ongelooflike dag. Die stiltetyd op die strand was "D" ervaring van die dag. Dit was pragtig en rustig en die Heilige Gees het gewandel soos in die ou dae (Ryno taal). Die speel op die strand was natuurlik, dankie aan Sheryl en Stefan, "fantasmagories". Daar was tradisionele boeresport van kruiwa stoot, appels uit water uit haal en sweeties uit meel uit eet. Daarna het elke span sy "logo" uit sand uit gebou. Die "YELLO BABIES" het 'n jellievis gebou, die "PURPLE TURTLES", wag vir dit............'n skilpad, die "GREEN PEACE" 'n boom en die "GINGER NINJAS" 'n Ninja. Die band het ingespeel en 'n lewensgrote haai gemaak wat skielik in 'n vliegtuig verander het toe ons aankondig dat die vliegtuig die wenners is. Elke span het ook 'n kreut uitgewerk, en mense, dit was beautiful.

Ons probeer nog woorde kry om gisteraand se worship ervaring te deel. Buks se dit was awesome, en die kinders het dit verskriklik geniet. Anneke, die bandleier, se dat sy op 'n staium nie nodig gehad het om te sing nie, die kinders het heeltemal oorgeneem van lofprysings vreugde. Hulle het hulleself absoluut verloor in die worship. Kyk na die worship fotos en julle sal weet wat ek bedoel. Theuns se die dromme was oorverdowend pragtig, maar hy kon dit nie sagter sit nie want dit is nie op die mixer nie. Ons het eintlik nie woorde om die worship te beskryf nie, maar ons probeer ons bes. Dit was, in Erika se woorde, 'n LOFONTPLOFFING! Dit was onbeskryfik.Anneke se dit was "regtig koel gisteraand".

Uit die worship uit het Herman die vraag gevra: "Wat hou ons dan terug om voluit vir God te lewe?" Die jongmense is gekronfronteer met die vraag van "WAT IS JOU IDENTITEIT, WIE IS JY IN CHRISTUS". 'n Mens kon  nie help om te wonder wat deur elke, wonderlike, unieke skepping se kop gaan nie. Ons groepleier, Paul, Erika, Lourens en Davie kon daarna ongelooflike gesprekke fasiliteer. "OUR GOD IS AN AWESOME GOD, HE REIGNS FROM HEAVEN TO EART"

Views: 48

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Anneke Stewart op 7 Julie 2011 om 17:22
Die week het v ons by d huis soos n ewigheid gevoel omdat ons so baie na julle verlang! Maar ek dink v julle kon d week nog n paar dae langer gewees het! Julle moet veilig ry more! Ons kan nie wag om julle te sien nie!
Kommentaar deur Riana van Rensburg op 7 Julie 2011 om 10:39
Baie bly dit gaan goed, ongelukkig moet alle lekker dinge ook tot 'n end kom. Ons mis julle klomp hier. Veilig ry môre. Groete aan almal

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service