PvR Gemeenskapskerk

Gesprek met Alan Hirsch

Vandag was ons by Fuller Universiteit waar ons dr Alan Hirsch ontmoet het. Alan word as een van die invloedrykste persone beskou wat nadink oor die kerk se taak in die wêreld. Daar is soveel dinge gesê dat dit my nog ’n tyd sal neem om alles te prosesseer.

Weer wil ek net ’n paar opmerkings maak wat my laat dink:
• Ons wil mense aanmoedig om kerk toe te kom na ons toe, terwyl ons nie bereid is om na hulle te gaan waar hulle leef nie.
• Ons moet kyk waar God werk en by Sy werk aansluit.
• Ons moet voortdurend met mense omgaan wat nie die Here ken nie, anders word ons wêreld te klein. Navorsing wys dat as mens langer as 2-5 jaar ’n Christen is, is jou kanse goed dat jy geen nie-Christen vriende het.
• In Amerika gaan al hoe minder mense kerk toe. Slegs 40% van Amerikaners gaan potensieel kerk toe, alhoewel die realiteit nader aan 15% is. Dus is daar 60% mense wat geen kontak met enige kerk het nie. Hoe lyk dit in Suid-Afrika?
• Daar is 420 000 kerke in Amerika waarvan 1200 gemeentes meer as 2000 lidmate het, 10000 gemeentes meer as 1000 lidmate, terwyl die gemiddelde hoeveelheid 80 lidmate is. Dus is alle gemeentes nie groot nie, inteendeel. Ongeag die grootte van ’n gemeente, bly die uitdagings dieselfde.
• Ons moet fokus op waar mense leef en in hulle wêreld begin om vir hulle Jesus se verhaal op manier te vertel wat hulle kan verstaan.
• Hoe ons oor God dink moet bepaal wat ons doen in die gemeente. God moet ons agenda bepaal en nie ’n agenda opstel wat God dan net moet doen nie.
• Die kerk se grootste beskuldiging van nie-Christene tenoor Christene is dat Christene nie christelik optree nie. Hulle hou van Jesus, maar nie van sy volgelinge nie.
• Vir die kerk om te groei moet lidmate hulle gawes uitleef deur mekaar te dien, maar veral ander mense.
• Alle gelowiges is gelyk, ons het net verskillende rolle (Efesiers 4). ’n Paar mense kan nie namens ’n gemeente alles doen nie.
• God roep ons om erns te maak met mense wat Hom nie ken nie.

Sjoe, daar is so baie wat ek nog aan dink, maar soos ek hier tik besef ek dat vandag vir my uiters sinvol was. Alan het ’n klomp goed bevestig, maar my ook uitgedaag om nuut te dink.

Ek is geroep om mense by God uit te bring en hulle te help groei – al vra dit ook wat.

Groete tot later
Henk

Views: 38

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Sybrand van den Berg op 16 Maart 2010 om 7:08
ja-nee, geld is nie alles nie

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service