PvR Gemeenskapskerk

Dag 3: David Kinnamen, George Barna en Mike Erre

Vandag was 'n baie vol dag, maar geweldig insiggewend.
Ons het tyd spandeer met twee van die gerespekteerdste navorsers wat probeer sin maak uit hulle navorsing oor die kerk. David Kinnamen het 'n boek "Unchristian" geskryf waarin hy ongelowiges gevra het wat hulle van die kerk en gelowiges dink. Die antwoord is die titel van sy boek: nie-christelik. Ongelowiges ervaar meestal Christene as nie-Christelik. Wat 'n aanklag is dit nie teen ons Christene nie?

David het ons uitgedaag om te dink wat ons doen om aan die volgende generasie Christus te verkondig.

George Barna het 'n uiters sinvolle insig gegee oor hoe mense geestelik groei. Sy aanname was hoekom lyk Amerika soos dit lyk al is daar so baie Christene in hulle land. Sy gevolgtrekking is dat mense nie bereid is dat Christus hulle lewe transformeer nie.

Sjoe, soos ek hier tik is ek baie moeg en sal later verder tik en reflekteer.

Groete tot later
Henk

Views: 32

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur berna pretorius op 18 Maart 2010 om 11:19
ja nee kyk my die jetlaaaaggg het ingeskop......ek dog julle het pille? moet sê die Hollywood uitstappie lyk nie te vermoeiend nie. so bly om te sien julle het baie pret ook. die Chevron teken blou en rooi voor die kerk is die mpy waarvoor Hennie gewerk het in Amerika. wow! ek kan nie wag om elke dag al die lekker nuus en fotos te lees nie. baie blessings vir julle berna
Kommentaar deur Sybrand van den Berg op 17 Maart 2010 om 8:31
ek hoor julle veroorsaak "opskuddings" in LA

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service