PvR Gemeenskapskerk

Ons het vanoggend vroeg opgestaan om die vliegtuig vanaf Los Angeles na Seattle te neem. Op die lughawe het die lugredery vir Dries, wat ons groep se administrasie hanteer, van die vlug afgehaal. Hulle verskoning was dat hy laat ingeboek het. Dit was egter nie die geval nie. Ons kon gelukkig hom weer terug kry op die vlug en na 3 ½ ure se vlieg het ons in Seattle geland. Skielik was die lug koel en was ons bly vir die warm klere wat ons uiteindelik kon dra.

Ons het ons bagasie gekry en toe die lang tog met die karre aangepak om die “ferry” te neem na Orcas Island. Ons was betyds by die 15h00 ferry, maar toe was die ferry vol en moes ons vir die volgende ferry wag, wat eers 4 ure later sou kom. Ons het toe deur die klein dorpie, Anacortes, gaan rondloop.

Ons het toe 18h00 in die ry gaan staan om die 19h10 ferry te neem. Dit was so ’n uur se ferryrit – dit was vreemd om al die karre en mense op die ferry te sien. Ons het ’n pragtige sonsondergang beleef.

Ons is almal flou, na ’n lang dag se reis en sien uit na die “Advance” wat môreoggend begin.

Ons praat later weer.

Views: 11

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Wardi Smit op 19 Maart 2010 om 13:25
Hi daar Broers

Bly om te sien dit gaan goed daar. Hopp julle geniet die US baie. Dis n groot land en die paar dae daar beleef n mens net wat op die oppervlak is.

Ek wil graag hoor of julle met die mense daar kan gesels oof wat hulle met infertiliteit doen. Het hulle sulke bedienings en hoe administreer hulle dit.

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service