PvR Gemeenskapskerk

David Kinnamann, George Barna, Mike Erre (Dag 3)

Uit David en George se gesprek het vir my duidelik uitgestaan dat ons altyd met 'n volgende generasie moet moeite maak. Hulle is deel van die kerk van... vandag (nie more nie). Daar is soveel wat ons uit
hulle navosing moet hoor oor die postmoderne (global village) waarin
ons leef. Ons kinders in Suid Afrika, hier en ander dele van die
wereld het soveel meer in gemeen as wat my generasie of ouer
generasies het. Die rede hiervoor sluit in musiek, internet en baie
ander.


Mike Erre was vir my 'n wonderlike ervaring. 'n Warm vriendelike en dinamiese persoon EN hy 'n 'solid' verstaan van die Bybel. Om by hom
aan huis te wees het bietjie die idees en wanpersepsies van die
Amerikaanse kultuur vir my afgebreek. Mike het 'n jong mannetjie wat
'n downsindroom kind is en dit het nogal in ons gesprek ingespeel.
Een van die frases wat vir my uitgestaan het is dat ons onsself 'in
the center of real life' bevind. Ons kan nie maar net 'n super
gelowige en magiese houding teenoor die lewe neem nie. Die
gebrokenheid van die lewe is oral. Wat my egter geinspireer het was
dat mens in die middelpunt van die regte lewe steeds die moed kry om
vir ander te bid vir genesing steeds te vertou op God en te bly stoei
met die kompleksiteit van die lewe tussen deur die vreugdes.


Verdermeer wat ek opnuut besef het en wat hy mooi verduidelik het is die konsep van eksistensiele realisme. Sonder om te teologies te
verduidelik beteken dit dat ons voortdurend meer dit word wat ons
reeds is. Soos iemand wat 'n pappa geword het (wie kan dit wees).
Eweskielik is mens 'n pappa, nou moet mens leer wat dit beteken om 'n
pappa te wees. Of iemand wat onlangs getroud is. Skielik is mens 'n
man (husband). Dit beteken nie mens weet iets van hoe om 'n goeie man
te wees nie maar steeds is mens dit. Nou leer mens wat dit beteken om
'n goeie man te wees. Nader na die Bybel. Ons is deur God se genade
tot kinders van God verklaar kom ons leer nou wat dit beteken. En
uiteindelik vir ons as kerk. Tenspyte van die gebrokenheid, sonde en
seerkry van mense in die kerk (wat selfs deur die kerk seergemaak
word) is ons steeds die wonderlike gloeiende bruid van Christus wat
algaande word dit wat ons reeds is in Christus.


Vir ons as kerk in die 21e eeu in SA in Pierre van Ryneveld het al hierdie dinge verrykende implikasies (dit was nog altyd aanwesig maar
is opnuut op die tafel): Hoe verstaan ons ons betrokkenheid by mense
midde die spanning van stukkend wees en sondig wees versus heilig
wees. Hoe berryk ons ons kulture? Bied die kerk geleentheid om te
eksperimenteer (eerder gister se tema)? Is ons in gepsrek met ons
mense op die verhoog van die gees van die tyd?


Dink gerus saam met ons oor hierdie en soveel ander belangrike vrae? En kom ons doen dit (soos wat dit blyk uit gesprek hier) voor dit te
laat is?

Views: 35

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service