PvR Gemeenskapskerk

Die Boodskap, 'n hedendaagse vertaling van die Bybel deur o.a. Jan van der Watt en Stephan Joubert is nou elektronies beskikbaar. Wat dit so lekker maak is dat jy dit op enige rekenaar met internet kan gebruik, asook op jou selfoon se internet. Vir dié mense wat "smartphones" het, is daar 'n opsie om die Bybel op jou selfoon te installeer.

Nie alleen is Die Boodskap op You Version beskikbaar nie, maar ook die Nuwe Lewende Vertaling en 'n aantal Engelse Bybels soos die Amplified Bible, The Message en NIV.

Nog een van die winspunte van hierdie program is dat jy vir jouself 'n Bybelleesprogram kan skep en dan kan jy elke dag op jou rekenaar of selfoon die spesifieke gedeelte luister.

Die oudio-klank  van die 1983 Afrikaanse vertaling is ook op You Version beskikbaar.

Kliek hier om na You Version-webblad te gaan.

Mag jy die Here se Woord hiermee ontgin, gebruik en leef.

Vir enige vrae, kontak my asseblief.

Henk

Views: 8578

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service