PvR Gemeenskapskerk

Wanneer ek nadink oor my boodskap van verlede Sondag word ek opnuut bewus van Jesus se ongelooflike gawe om die diepste en mees betekenisvolle boodskap te versteek in die eenvoudigste beelde. 

Die beeld dat Christus die "Lig van die wêreld" is, breek vir my baie wonderlike perspektief oop wat my persoonlike verhouding met Jesus betref. As jy weer luister na die preek op die oudioskakel, wil jy nie saam met my dink oor die volgende paar vrae nie?

1. Bring ek "Lig" in die lewens van mense wat daagliks met my in aanraking kom? 

2. Waar in my eie verhouding met Jesus skyn Sy lig nog nie helder nie?

3. Vertrou ek Hom om my met Sy wysheid te "verLig", en is ek bereid om daarvoor te vra?

4. Streef ek daarna om deursigtig te wees, met min aangeplakte "bling", sodat die "Lig" vrylik uit my kan straal?

5. Is ek bereid om in myself minder te word, sodat die Lig van Jesus meer sigbaar kan wees?

 

Dis 5 gedagtes, maar in my al 'n paar maande se nadenke ploeg dit nuwe grond oop in my verhouding met Jesus. Is Jesus regtig genoeg vir my? Dis waarskynlik 'n belangrike vraag as 'n mens in die "2de helfte" van jou lewe begin speel, maar ek is oortuig dat as ek lankal hieroor ernstig kon begin nadink, ek al verder op die reis sou wees.

Ek en jy is geskep en groep om lewens te leef wat IMPAK maak. Dis die uitnodiging, die uitdaging en die voorreg!

So ek nooi jou om die preek van 13 Maart weer 'n slag te luister (kliek hier) en saam met my te dink. Skryf gerus op my blog as jy gedagtes daaroor het.

Views: 47

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service