PvR Gemeenskapskerk

Vince Lombardi, 'n Amerikaanse Voetbal afrigter, het die volgende gesegde: "Build in your team a feeling of oneness, of dependence on one another, and of strength to be derived by unity". Vince sou trots gewees het op die jeugspan, want dit is presies wat ons jeugspan voor staan........eenheid, afhanklikheid van God en van mekaar en die gevolg is die krag van 'n bediening wat hieruit vloei.

Die afgelope naweek was die jeugspan, dit is nou Lizelle en Henk, Izette, Lizette, Herman en Hanlie, saam met hulle families, Lochvaal toe vir 'n naweek van werk, maar ook 'n naweek van pret....en die resultaat is 'n prettige werksnaweek!!!! Ons "motto" by die jeugspan is, as jy werk, werk jy hard, geniet jy dit en doen dit in afhanklikheid van God. As jy speel, speel jy hard, aanhoudend en lekker. En dit is presies wat ons gedoen het. Ek was die mees ongewilde persoon toe die 2de werksessie Saterdag van 17h00 tot 19h00 val, presies in die doodsnikke van die krieket toets tussen Suid en Afrika en Indie, maar gelukkig was ons betyds klaar vir die laatste 30 overs en het ons soos een man/vrou agter die Proteas gestaan. Toe Suid Afrika wen het almal gelukkig vergeet hulle is kwaad vir my. Dit was ook die eerste keer dat ons as families saam gekuier het, en wat 'n voorreg dat ons almal deur ons families ondersteun word.

Dit was 'n ongelooflike naweek en 'n ongelooflike bederf. Wat 'n voorreg om saam met so 'n fantastiese span te werk, en wat 'n voorreg om 'n wonderlike God aan die stuur van die bedieing te he, waaraan alle eer gegee word.

Views: 39

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service