So kom daar 'n epos na Sondag se dienste van Nelius Leimecke. Ek kry hoendervleis toe ek die gedig lees wat hy 'n tyd terug geskryf het. Dis nou 'n DIK onderstreep van Sondag se boodskap!
Hier is dit
Die roeping van God - CJ Leimecke
Een Saterdag aand sit ek en wonder
oor God en die weer se gedonder
die blitse wat slaan
verby die skynsel van die maan
Wie is ek om te vermaan
en te treur met 'n traan
dis God wat my beaam
om met jou en vriend te staan
en die Here Jesus langsaan
oral wa ons gaan
die kerk is gebou
binne in my en jou
om sonde en berou
voor hom te behou
sodat dat hy ons kan bou
soos sy eie kerkgebou
sonder steen , klip en sement
dis ons kerk sonder meubelment
van vleis en liggamsbou
vir jou en my om te hou
en met trots te onderhou
nou vra ek weer vir jou
wat maak jy met jou kerkgebou
en onthou
om ten volle op God te vertrou
en hy sal jou onthou
want hy is getrou
nog altyd en vir jou....
Daar waar ons soms berou
oor ons wandel sonder trou
selfs daar is God by jou
jy moet leer en vertrou
God self loop voor jou
en langs jou as jy wou
agterna as die opdraend kou
alles sodat jy kan byhou
kom ons gryp die kans nou aan
en neem ons God ook saam
oral waar ons gaan
om ons kerk te beman
vir die uitreik van Sy naam
oor die hele wereld saam
maak nie saak van kultuur of naam
dis die weg vir ons gebaan
30 Mei 2012 van 5:30 tot 6:30 – PVR Gemeenskapskerk
30 Mei 2012 van 19:00 tot 20:30 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 10:00 tot 12:00 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 14:30 tot 15:30 – PVR Gemeenskapskerk
4 lede
56 lede
19 lede
6 lede
12 lede
6 lede
20 lede
4 lede
27 lede
10 lede
© 2012 Created by PVR Admin.
Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!
Join PvR Gemeenskapskerk