PvR Gemeenskapskerk

Allo allo aan almal,

 

Vir die van julle wat fase een van "die tussenin" se blaadjie gemis het, hier is hy nou vir jou maklike elektroniese verbruik! Nou kan jy opvang en deel word van die groter proses!

 

DIE TUSSENIN

 

|tus•sen•in| bywoord: tussen ander handelinge/voorwerpe/tye; roetine vir die tussenin, tyd tussen Paasfees|Pinkster en Kersfees

“It is what we do routinely, not what we do rarely, that delineates the character of a person…No doubt about it: the daily, the normal, the regular, the common is what gives clarity to the essence of the real self” [Joan Chittister]. 

“God has made everything beautiful in its time. He has also set eternity in the hearts of men” [Prediker 3:11]. 

 

WAT ONS DOEN

Kies ‘n tyd van die dag wat vir jou gaan werk om die volgende te doen:

  • Steek jou kers aan om jou te herinner aan die feit dat Christus opgestaan het – vir elkeen van ons en vir die hele wêreld. Onthou dat ons as volgelinge van Christus elke dag in Jesus se voetspore volg.
  • Raak rustig en fokus op God, op wat hy vandag in jou lewe doen en hoe hy beweeg. Gebruik elkeen van die volgende vrae om na te dink en met God te gesels. Maak jou hart en gedagtes oop en sien God raak. WEES rustig by God.
    • Wanneer vandag het ek U teenwoordigheid die sterkste ervaar?
    • Wanneer het dit vir my gevoel asof U ver weg is van my?
    • Hoe was U besig om my lief te hê deur die dag? Ook toe U ver gevoel het?
    • Hoe het ek op daardie liefde van U gereageer in die dag?
  • Uit hierdie daaglikse tyd saam met God, uit weer besef wat ‘n verhouding met Hom is en wat dit vir jou in elke dag beteken, is die volgende stap om te vra: “Hoe kan ek hierdie vreugde en verhouding met die mense rondom my deel? In watter situasies, by watter mense, op watter plekke kan ek vir U ‘n verskil maak wat iets wys van die verskil wat U in my lewe maak?” Onthou verhouding is nie bedoel om by jou te stop nie.

 

Views: 24

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service