PvR Gemeenskapskerk

O ja! Net toe jy dink dit kan nie beter word nie - hier is fase 2 van ons "die tussenin" journey se blaadjie ook sommer! Vars van die pers af soos hulle se...hehehe...Maar moenie komkommer nie, indien jy die "handheld" weergawe verkies kom net enige van die volgende paar Sondae en ons sal vir jou enetjie in die hand stop!

 

 

die Tussenin

 

|tus•sen•in| bywoord: tussen ander handelinge/voorwerpe/tye; roetine vir die tussenin, tyd tussen Paasfees|Pinkster en Kersfees

|ge•hoor•saam|werkwoord: [het ~] iemand gehoorsaam; iemand se bevele/wense/ens. uitvoer

 

“A bit at a time, we begin to feel the great magnet of the liturgical year draw us more into one clear message: in the liturgical year we live the life of Jesus day after day until finally one day it becomes our own. We become the message of it. We grow into the life of it. We ourselves become players in the great drama of the bringing of the reign of God to the turmoil of the world.” [Joan Chittister] 

“Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe.” [Miga 6:8].

 

Die “situasie”:

Ons is elke dag so besig met sosiale media oor/saam met ander mense en met tegnologie oor die algemeen dat ons nie regtig by onsself uitkom nie. Ons is heeltyd na buite gefokus, heeltyd besig om informasie in te neem, heeltyd besig om te kommunikeer. Maar wat van elkeen van ons se eie menswees? Dit wat oor is as ons alles waarmee ons heeltyd so besig is wegvat? Waar is jy? Wie is jy? ‘n Groot deel van ‘n verskil maak in ons omgewing, van die kuns van lewe, is om in onsself besig te wees. Dit is dan ook waarop ons in hierdie volgende fase van “die tussenin” gaan fokus.

“Work out the stuff you already know, rather than just acquiring more information.” [Tom Smith].

 

Wat ons doen:

  • Elkeen van ons het, as ons eerlik is met onsself en die Here toelaat om in ons lewens in te praat, ‘n paar ding in onsself wat ons mee “procrastinate” – wat ons eintlik weet ons aan moet werk want dit hou ons terug, maar wat ons aanmekaar op die “backburner” los. Nou dit kan negatiewe gewoontes wees, of iets so eenvoudig (en so moeilik!) soos wat ons van onsself dink – en dit kan weer enige iets wees van “ek is te sleg” na “ek is nie complicated genoeg dat my storie iets kan beteken nie”.
  • Maar die maklikste manier om nêrens te kom nie, is om net in jouself te dink aan daardie iets en hoe jy daaraan kan en moet werk – as jy dit nie doen nie is dit net jy wat daarvan weet. Maar die oomblik wat jy iemand anders betrek, vir iemand wat jy kan vertrou vertel van wat jy gaan doen, word dit baie moeilik om uit te chicken. Want nou is daar iemand anders wat weet, wat saam met jou werk, wat jou gaan vra daaroor...
  • So vir die volgende paar weke gaan jy ‘n stuk van die tyd wat jy gewoonlik aan FB en Twitter en alles anders wat jou besig hou afstaan om te werk aan daardie ding waarmee jy “procrastinate”. Meer as dit, jy gaan hierdie fase begin deur iemand te kies saam met wie jy die pad kan stap.
  • Nadat jy die persoon geïdentifiseer het en hom/haar gevra het, gaan jy en daardie persoon die volgende doen
    • Julle gaan met mekaar deel wat daardie een ding is wat julle aan gaan werk in hierdie tyd. Maar julle gaan mekaar ook help om dit prakties te maak – julle gaan saam sit en dink aan maniere wat elkeen van julle in elke dag se stukkie tyd daaraan kan werk.
    • Dan gaan jy elke dag in daardie stuk tyd wat jy “terugvat” dit doen wat julle besluit het jy gaan doen.
    • Julle gaan (ten minste) een keer ‘n week ook by mekaar uitkom en hoor hoe dinge vorder, mekaar aanmoedig en saam bid. 

PS – Indien jy besef dat daardie iets wat jy mee procrastinate te groot/ingewikkled is om met sommer enige iemand te deel, of indien jy nie regtig iemand in jou lewe het wat jy voel jy hierdie pad mee saam kan stap nie, voel asb vry om met een van ons (Ryno of Hanré) te gesels. Saam sal ons ‘n plan kan maak!

Views: 32

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service