PvR Gemeenskapskerk

My jongman-seun sit my aan die dink:"Mamma, ek moet 'n refleksie doen oor die Wetenskap en Kuns van Geneeskunde." Wat 'n mooi sin, wat 'n uitdaging! My kop begin woel oor dieselfde opskrif, net.."..van Lewe".

Martin Luther King skryf , die moderne mens is ryk aan tegnologie/idees(wetenskap), maar arm aan die vermoee om as broers en susters saam te leef. Om te leef is 'n wetenskap. God het met die Skepping sy almag as Wetenskaplike gepubliseer. Reptielbrein, mammabrein, en toe, na sy beeld, die Adambrein. Vandag draai die wereld om ons pogings om,soos God, te skep. Soos Hy die wetenskap van vlieg,vaar,groei en selfs lewe te kan doen. Ons publiseer en versprei kennis en gebeure teen die spoed van lig. Ons kan kloon, reen maak(en keer),pasiente laat slaap en wakker word. Hoe? God skep ons na sy beeld, Hy gee vir ons 'n perfek toegeruste brein. Hierdie brein kan nie net DINK nie, dit kan ook KIES! Wat gaan ek word, waar gaan ek bly....

Dieselfde seun vertel ook huil-mooi hoe hy bo-op die bed langs 'n bejaarde,terminaal siek pasient sit. Saam drink hulle 'n "laaste-versoekie" whiskey. 'n "Loopdoppie" - 'n week later is sy in 'n koma en nou reeds afgesterf. Die wetenskap..en die KUNS van lewe!

Wat is dan die kuns van lewe? KEUSE,lyk dit vir my, en veral die keuse van verhoudings. God is, buiten die groot Wetenskaplike, by uitstek ook 'n God van verhoudings. Dieselfde brein wat ons in staat stel om so besonder slim te wees, is ook so geskep dat ons empatie en liefde kan ervaar. Is geskep om nie net "te veg of vlug" nie, maar om te bly en te groei! Om te KIES vir beter verhoudings - met God, met myself en met my naaste.

Die wetenskap en die kuns van lewe... KEUSE is die kuns. Kom ons kies om te groei na heelheid,na lewensverdiepende verhoudings. Kom ons kies om "denke te vernuwe"

Views: 67

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service