PvR Gemeenskapskerk

 So word ek die afgelope drie weke met die "wonder van stilte" gekonfronteer. Tydens ons Bedieningspan se weeklkse vergaderings het ons die wonderlike geleentheid om vir die beste deel van 'n uur saam te besin oor ons elkeen se verhouding met God, te deel in mekaar se lief en leed en mekaar(en heerlike moerkoffie) te geniet!

Waar pas die "stilte" in. Ons is tans besig om via die tegnologie te deel aan vyf vrywilligers se  agt/tien dag reis deur stilte. Hierdie mense is by 'n klooster waar hulle vir hierdie hele tydperk hulself totaal onttrek van enige vorm van kommunikasie met ander mense. Geen gesprekke buite een keer per dag vir 'n uur met 'n geestelike mentor om hul ervarings te deel. Geen selfone, rekenaars, i-wat-ookals nie en niemand om mee te praat nie. Niks!

En voor ons oë ontplooi eers angstigheid, verveling, onttrekkingsimptome in die vorm van verneukkunsies en dan...trane, ontdekking van lewensvrae, -pyn, die self en, die verwondering aan die toenemende bewuswording van God se teenwoordigheid en...STEM!

En ek begin stilte opsoek. Skielik dink ek oor die klanke waarmee ek die ruimte om my vul en vra ek myself: "Wat van stilte maak my bang" En ek begin ontdek dat ek in stilte meer verwonderd staan voor God se skepping, fyner HOOR en sien. My verhouding met Hom verander subtiel van my eie stem in my ore na 'n ander Stem, 'n Stem wat my verhouding met ander anders begin inkleur. 'n Stem wat ek sonder klank of lig kan volg.

En ek wonder oor Sy veertig dae in die stilte van die woestyn, die versoekings, worstelings—dalk en die duidelike hoor van die Vader se stem om met ons in verhouding te kom leef, die pad vir ons te kom wys.

En ek wonder—hoe klink jou stilte?

Views: 76

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service