PvR Gemeenskapskerk

Dis nogal vreemd om heeltemal alleen te leef, veral as jy gewoond daaraan is om saam met jou gesin te wees.

Daar is sekere ritmes in ons persoonlike ruimte waaraan ander deel het. Dinge soos vloere skoonhou, skottelgoed was, klere was, netheid, kosmaak ens. is iets waaraan 'n mens almal deel het. So, sonder dat ek daarvan bewus is gebeur daar van hierdie dinge in my persoonlike ruimte. Soms deel ek daarin, en soms nie.

Nou, alleen in 'n flêtjie, is al daardie dinge my verantwoordelikheid. Ek weet hierdie, maar dis steeds 'n verassing vir die sisteem. Ek kan myself letterlik die hele dag besig hou met onderhoud en versorging. Dis 'n deurlopende, vaste verantwoordelikheid. Dis anders om in 'n hotel of gastehuis te bly. Daar is ander wat ook sorg. 'n Mens verstaan neers regtig wat dit beteken om 'n "tusteskepper" te wees, wanneer jy self ene is!

Ek wonder. 

Oor hoe ek en jy ons eie "menswees" persoonlike ruimtes verwaarloos en onversorgd laat. Ons leef in die illusie dat geestelike en persoonlike "onderhoud" net elke nou en dan hoef te gebeur. Solank ek so nou en dan by die kerk uitkom, 'n goeie nagrus deurwerk, 'n mooi geestelike lied luister, 'n bybelteks op epos lees, bietjie oor God nadink en noem dit op, is alles mos in orde? Of hoe?

Ek wonder of dit dalk die rede is waarom ek soms so sukkel om God raak te sien in die wanordelikheid van my "stille ruimte". Dalk omdat die uiterlike en opsigtelike dissiplines regkry, maar die innerlike en onopsigtelike dissiplines verwaarloos. Richard Foster skryf in sy tydlose boek: "The celebration of discipline":

"Superficiality is the curse of our age…. The desperate need today is not for a greater number of intelligent people, or gifted people, but for deep people."

Wanneer ons die persoonlike/geestelike dissiplines (onderhoud) nalaat, word ons soos die mense waarna Jakobus verwys in die begin van sy brief:

"Mense wat twyfel of God regtig na hulle sal luister, is soos golwe op die see. Die wind waai daardie golf heen en weer. Die een oomblik sien jy dit en die volgende oomblik is dit weg.7-8 Dit is 'n goeie voorbeeld van iets wat g'n koers of sekerheid het nie. Dié voorbeeld pas by iemand wat gedurig twyfel of die Here hom regtig gaan help. Vir so iemand sal die Here nie veel beteken nie, want nes hy gebid het dat die Here hom moet help, swaai hy om en sê dat dit nie kan of sal gebeur nie. En wat help dit?" (Jakobus 1v6b-8)

Foster gesels oor 'n paar moontlike gewoontes/dissiplines vir stilword en eie onderhoud.

1. Alleenwees en Stilword

2. Vas en Matigheid/Spaarsamigheid

3. Vertroulikheid en Offervaardigheid

4. Woordstudie en Gebed

5. Diensbaarheid en Gehoorsaamheid

6. Aanbidding en Lofprysing

7. Geloofsgemeenskap (Fellowship) en Belydenis

Niks aardskuddend nie, maar so is skottelgoedwas en bed opmaak ook nie besonder "glamorous" nie. Maar dis broodnodige take waarsonder my persoonlike leefruimte gou in chaos ontaard. 

Ek nooi jou om in hierdie maand van Lydenstyd en Paasfees weer te dink oor jou persoonlik ruimte. Die geestelike dissiplines/gewoontes is nie iets buitengewoon waaraan jy spesiaal tyd moet afstaan nie. Dit is deel van die alledaagse. Soos dit naderhand natuurlik raak om op te staan en jou bed op te maak, of 'n vuil bord in die wasbak te gaan sit. So wil die Here Jesus sigbaar word in jou binnelewe, sodat jy Hom kan raaksien en kan volg.

Hoe sal jy Hom sien, as Sy teenwoordigheid en leiding verberg is onder die chaos van 'n onversorgde menswees? Hoe sal ons Jesus kan "Ontdek en Leef", as ons Hom nie eers Beleef nie?

Reis saam!

Views: 198

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Nico van der Merwe op 19 Maart 2012 om 8:06

Dankie Jan

Hierdie het nou regtig baie beteken en sluit perfek aan by 'n boek wat ek tans (weer) lees met die naam "Man in the mirror" van Patrick Morely. Dis definitief nie alles "toevallig" nie. Ek gaan nou my ore spits!! :)

Kommentaar deur Chris Homan op 18 Maart 2012 om 19:36
Hoop die Here seen jou reis.
Mens besef nie altyd wat jy het voor jy uit jou gemaksone gehaal word nie.
Dankie vir die nadenke gedagte gee mens baie stof tot denke

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service