PvR Gemeenskapskerk

Liewe PvR Geloofsfamilie

 

Dis ‘n groot voorreg om jou van harte te bedank vir jou deelname aan die pas afgelope Farm City PvR Dorpsfees.

As ons ‘n oomblik stilstaan, is dit met dankbaarheid teenoor die Here vir Sy goedheid en seën. Bo verwagting en ten spyte van weersomstandighede is ons oorvloedig dankbaar!

  • Ons “JAM” aande was tjok en blok en propvol pret en vreugde. Dit was ‘n lekker toevoeging tot ons program.
  • Ons eerste AGN PADWEDLOOP (10km/5km) het ‘n baie groot getal inskrywings getrek (850 deelnemers) en was ‘n reuse sukses. Ons is reeds besig om planne te maak vir volgende jaar se wedloop en ons verwag dat die inskrywings minstens sal verdubbel.
  • Die GALA-AAND was propvol (260 gaste) en was ‘n feestelike geleentheid.
  • Ons groot konsert met KARLIEN VAN JAARSVELD en KALEIDOSKOOP was ‘n groot sukses (700 gaste) en ‘n besondere belewenis.
  • Saterdag se aktiwiteite is erg ontwrig deur die baie welkome reën maar dit was ten spyte van die uitdagings ‘n FEEStelike dag.
  • Die Rynepark Apteek Baba-kompetisie het steeds suksesvol plaasgevind (27 deelnemers en 100+ gaste). 
  • LOLLOS EN LETTIE was ‘n kragtoer (800 gaste) en sal beslis weer volgende jaar kom kuier.
  • Die PvR Idols en Mnr/Mej PvR het noodgewonge binnenshuis plaasgevind, groot aftrek gekry en wonderlike talent uitgestal.
  • Die kosstalletjies het almal uitverkoop en ons beroemde pannekoekstalletjie het weereens hulle rekord verbeter (4200+ pannekoeke)
  • Wat wel onvermydelik deur die weer ontwrig is, is al ons buitelug aktiwiteite, die Kinderspele, 4x4 baan en die Arenaprogram. Ons het egter uitstekende ondersteuning gekry, dankie!
  • So 50% van ons stalletjiehouers het wel opdgedaag en sommige het ten spyte van die weer goeie sake gedoen. 
  • As gevolg van die terrein kon ons borgstalletjies (Farm City en Global Tyres) nie volledig opslaan nie, wat vir ons ‘n jammerte is, ons maak beter planne volgende jaar!
  • Ons bereken dat ons ten spyte van die weersomstandighede steeds so 3000+ besoekers op die Saterdag ontvang het. Die totale aantal deelnemers/besoekers was was waarskynlik meer as 5000!

In die geheel gesien was hierdie ons heel beste Dorpsfees nog, en ons wil graag vir jou uit ons harte bedank! Ons Dorpsfees organiseerder Estelle (wat vanjaar klaarmaak, die fenomenale projekspanlede, ons borge en vennote. Dan julle … ons skenkers van goedere, die bittereinders wat Saterdag vasgebyt en hard gewerk het en dan baie spesiaal … die “kuieraars” wat deel was van alles!

Sien julle volgende jaar by die FEES!

Views: 170

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service