PvR Gemeenskapskerk

Dorpsfees - Mnr en Mej Pierre van Ryneveld

Kom wys jou ware kleure!

Kom Wys jou Mooiste Binneste ‘nevermind’ die Buitenste!

Datum: 29 Oktober 2011

Plek: Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk terrein (Baltimore straat, Pierre van Ryneveld)

 

Wat moet jy weet van die kompetisie?
Die kompetisie bestaan uit twee dele – Mnr & Mej Junior Pierre van Ryneveld vir kinders tussen die ouderdom 10 en 13 jaar asook Mnr & Mej Pierre van Ryneveld vir jongmense tussen die ouderdom 14 en 18 jaar.

Pryse sluit in verskeie geskenkbewyse: Skoonheidsbehandelinge, danslesse, begeleide staptoer in reservaat, quadfiets ritte, ens

 

Wanneer vind die kompetisie plaas?
Die kompetisie vind plaas op Saterdag 29 Oktober by die PvR Gemeenskapskerk terrein (Baltimore straat, Pierre van Ryneveld).
Uitdunne sal egter gehou word op Saterdag 22 Oktober by die PvR Gemeenskapskerk om 9:00 uur vir die Junior kategorie (10 -13 jr) en om 13:00 vir die Senior kategorie (14-18jr).


Hoe kan ons inskryf/deelneem?
Inskrywingsvorms is by jou skool beskikbaar maar moet ingehandig word by die Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk, Sondae tussen 9:00 en 10:00 of gedurende die week by die kerkkantoor (kantoorure: Maandag 11:00-16:00 & Dinsdag – Donderdag 8:00-16:00).

Inskrywingskoste is R20:00 per inskrywing en inskrywings sluit op Sondag 9 Oktober 2011.

Kliek hier vir die Afrikaanse inskrywingsvorm. Kliek hier om die inligting oor Pierre van Ryneveld af te laai.

Click here to download the English Entry Form. Click here to download the info regarding Pierre van Ryneveld.

Views: 77

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.




Gebeure

Mei 2012
SMTWTFS
12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031
       

© 2012   Created by PVR Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service