PvR Gemeenskapskerk

 My kring van vriende is mense. Elkeen van ons is iewers op pad in ons lief wees vir, en dien van God. Ons het elkeen ons geite en goet(d)e. Ons kuiers is vrolike en dikwels diepe ervarings en vir my is dit telkens "kerk". Hier is broosheid, stukkend wees, blywees, alleenwees en saamwees ewe bekend - wat 'n voorreg!

 

So is dit dat een van ons 'n vernietigende degeneratiewe beensiekte het, allergies is vir morfien, die pynstiller wat hom uit die hel van pyn kan verlig moet nog gevind word. En voor ons sien word hy swak van pyn, en in sy swak word die krag in hom wakker wat roep: "Ek pyn" Woorde wat vir lank in hom gesmoor was omdat "sterkwees" deel van sy beeld na buite was. En die vriende? Ons doen wat mense doen; ons vra "Hoekom?"; ons dra aan en breek in in sy skanse van privaatruimte en ons bid. Wat bid ons? Elkeen sy eie bid van wonderbaarlike genesing dwarsdeur emosionele/geestelike vrede tot by heel verhoudings MAAR veral die verlossing van PYN -hoe ook al!

 

En in een so 'n gebed breek my hart! Helder sien ek vir Christus aan die kruis - PYN! Helder hoor ek Hom roep:"My God, my God, waarom het U my verlaat?"- PYN! Stukkend besef ek: Dit was vir my. So magteloos as wat ons ons vriend se pyn aanskou, so magteloos het 'n Vader toegekyk hoe Sy Seun deur die Hel gaan, terwyl Hy al die mag in die heelal had om dit te stop. Hoekom? Sodat ek en my vriend(e) nie meer die dood hoef te vrees nie, sodat ons kan uitsien na 'n ewigheid sonder pyn!

 

Pyn?!.... Genade!...

Views: 46

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service