PvR Gemeenskapskerk

Met die oploop na Sondagaand wat my eerste boodskap van die jaar sal wees dink ek na oor ons rol as Christene.

 

Wat lê aan die kern van wie ons as gelowiges is? Wel, buiten vir ons eie geloofsekerheid dra ons die verantwoordelikheid om op 'n sinvolle, stylvolle en respekvolle manier saam met reisgenote van ons tyd te konnek. Maar o wee, dadelik slaan stomheid ons! Ons sukkel om ons geloof te deel. Ek dink ons verstaan nie heeltemal wat van ons verwag word nie. Daar word nie gesê dat ons die Bybel onder ons arm moet dra, elkeen 'n ds. hoef te wees of 10 halleluja's by die werk moet gee nie.

 

Eintlik was die verwagting nog altyd om net verhoudingsgewys te luister en belang te stel in mense se lewens. In die kruising tussen my en jou lewe gebeur daar goed, waaroor ons wanneer ons oop is kan wonder... saam wonder met die ander... om uiteindelik in ver-wonder-ing kan staan.

 

Hier's 'n stukkie agtergrond met die oog op die boodskap. Jou input hier of dan is welkom.

Hier's 'n onderhoud met Dough Pollock wie 'n ou is wat nogals nadink oor die manier hoe ons in ons tyd met mense in verhouding en geselskap is.

 

http://ow.ly/3Gkz5

Views: 33

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service