PvR Gemeenskapskerk

Ek "LOVE" families! En dis vir my altyd so kosbaar om te sien hoe ons families verskil. Kom ons wees eerlik. Ons families is almal so 'n klein bietjie "weird". En dit is "BEAUTIFUL"!!

Die hartseer is dat ons nie altyd kansie kry om tyd saam hulle te spandeer nie. Daarom wil ek elkeen van ons families elke maand uitdaag om 'n "Date" aand of dag te hou! Maak 'n afspraak met mekaar en maak seker dat dit uitgeblok word. Maak dit 'n prioriteit. En wanneer die geleentheid kom, maak die beste daarvan. Maak seker dit is kwaliteit tyd. Sit die fone af en fokus op mekaar. Maak "memories" en neem fotos om dit te onthou!

En so kom ons dan by ons eerste Familie "Date" Uitdaging. Ons tema? (DRUMROLL)... AGTERSTEVOOR en ONDERSTEBO! Maak 'n Aand daarvan of 'n hele dag! Hier is 'n klompie idees om julle aan die gang te kry. Kyk hoe julle dit kan uitbrei en NOG GROOTTER kan gaan daarmee!

  • Maak 'n hele dag daarvan en begin met aandete, dan middagete en eindig met ontbyt later die aand.
  • Begin die dag deur julle klere onderstebo en agterstevoor aan te trek. Of trek selfs mekaar se klere aan.
  • Doen die heeldag mekaar se werkies. Pa en boet maak kos en was skottelgoed. Ma en sus was die kar en werk in die tuin.
  • Indien julle net 'n aand geleentheid hou, maak moeite en doen drie geregte. Begin dan met nagereg en werk terug voorgereg toe.
  • Wees ook kreatief met julle taal. Sê totsiens as julle mense groet en hello as julle huis toe moet gaan. Begin met goeie naand in die oggend en eindig met goeie more as julle gaan slaap.
  • Bou legkaart onderstebo sonder om na die prentjie te kyk. (Moenie te veel stukke gebruik nie, dis nogal moeilik! ;-P)
  • Neem lekker onderstebo en Agterstevoor fotos van mekaar en saam (nie selfies nie, maar onsies!).
  • Oor ete, hou 'n lekker gesprek en vra mekaar dalk die volgende: Waarom voel dit so vreemd om dinge anders te doen? Waarom doen ons dinge soos ons dit doen? Wat het julle van mekaar geleer deur die uitdaging? Wat was lekker van die uitdaging? Wat was nogal moeilik van die uitdaging? Wat kan julle weer in die toekoms doen?

As julle aan die uitdaging deelgeneem het, sal ons ook graag julle stories wil hoor. Neem fotos en deel met ons op ons FACEBOOK GROUP, PvR Geloofsfamilie Jeugbediening! Kan nie wag om julle lekker lag, saam kuier, groot pret stories te hoor nie!!

Views: 223

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service