PvR Gemeenskapskerk

In Augustus fokus ons 'n bietjie op Verhoudings. 

Een van die belangrikste maniere hoe ons verhouding oefen, moduleer en verdiep is tydens aandete. Nou wil die Kinderbediening julle bietjie uitdaag om aandete een keer 'n week bietjie anders te doen. 

Kies een aand elke week waar julle bietjie meer moeite gaan maak. Kies dan om daardie week iets van die volgende te probeer:

  • Kleur die kos verskillende kleure. Spaghetti werk baie lekker, maar alles kan gekleur word vanaf wit sous, "mash potatoes" en melkkos!
  • Gooi al die etiket reëls een aand uit die venster. Kyk hoevee van die reëls julle kan breek. (Mens het hare op jou tande nodig vir die een!!) ;-P
  • Hou 'n lekker middeleeuse ete met "roast", gebakte aartappels en groetes soos mielies. Eet nou alles met julle hande. Onthou om die "koning" van die aand te vra vir toestemming om enige iets in te skep en help mekaar om stukke vleis af te skeur en geniet!
  • Hou teelepel ete. Al di kos moet die aand met teelepels ingeskep en geëet word. Dit is groot pret veral as mens, sop, jellie en rys kry om te eet!
  • Elke persoon mag net die persoon links van hom voer. Jy mag nooit self kos in jou mond sit nie! Dit leer nogal van afhanklik wees!

Praat dan na die tyd oor julle ervaring:

  • Wat was lekker daarvan?
  • Wat was minder lekker?
  • Waarom doen ons dinge eerder soos ons dit normaalweg doen?
  • Wat het julle van mekaar ontdek deur die aand?

Geniet elke oomblik van saam eet, kuier en verhoudings bou!

Views: 70

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service