PvR Gemeenskapskerk

Na 'n groot tragedie met die skielike afsterwe van Charles, Ané se vriend, het Lizette Neetlingh die volgende geskryf om vir ons geloofsfamilie dankie te sê.

Henk, ek wil namens ons gesin en oorlede Charles Stevens se familie net die volgende bedankings plaas en n klein stukkie getuig vir hóé ons liewe Here ons almal, in besonder Ané, die meisie en sielsgenoot in die laaste deel van sy lewe: meer as 3jr....besonder gedra het die afgelope weke, dae, ure, oomblik...oproep, sms, whtsp, besoek, koffetjie, oor en drukkie, gebede en liefdesgebaar wat ons van elkeen van julle ontvang het.

Vir my was Charles n besonder seun en kind, wat van die begin BAIE DIEP in my hart gekruip het, en ons dus en veral Ané BITTER GESEëN was om hom te kon ken en lief te hê. Oral waar hy gekom het was niks ooit te veel nie...ja, later het dit tog geblyk dat sy lewe getuig het van absolute Jesus-liefde en gehoorsaamheid aan God, altyd tyd gemaak vir dinge saamdoen, al het hy hoofsaaklik gekom vir Ané en sy eie naaste familie. Tog was so n kuier ekstra spesiaal as waar hy ookal gekuier het...hy graag tyd met die ander ook saam wou spandeer. In hierdie gejaagde lewe...het ons hom geken om dít wat sy lewe vereis het so gedissiplineerd as moontlik te kon doen, selfs al het dit baie opoffering van tyd en kilometers geverg. Hy, saans 9uur in die bed, om die volgende oggend 4uur te moet opstaan, 6uur sy 1e daaglikse werksvergadering, minstens 2xkeer/dag verneem het na sy mense so ver, en vir Ané gereeld so mooi gevra het..."Wat makies my Pop?", maw VERHOUDINGS was vir hom van KARDINALE BELANG!!!! Vanuit my ervaring..elke oomblik gedra op vlerke van geloof en veral gebed. God se "timing" was elke keer so "on-time" ...ons verstand net te klein om dít te verstaan!!!!

Hiermee dus n GROOT DANKIE vir die mense van PvR omgee-Gemeenskap!!!! ook vir nie slegd nou en onlangs nie maar vir die afgelope 18jr kan ek en/ons oor en oor getuig. Al die eer aan ons liefdevolle Vader.❤❤❤

Views: 35

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service