PvR Gemeenskapskerk

As geestelike leiers van ons Geloofsfamilie ervaar ons ’n dringende besorgdheid oor ons land. Die huidige politiek-ekonomies onrus, die landwye studente-onluste met die meegaande akademiese krisis asook die knellende en onversengende droogte stem ons tot diep onrus. 

Die Here nooi ons om met ons sorge en worsteling in gebed na hom te kom, daarom wil ons jou oproep tot ’n DAG VAN GEBED EN VEROOTMOEDIGING.
Ons nooi jou om Donderdag 13 Oktober vanaf 06:00 - 19:00 jouself deur die loop van die dag aan die Here toe te wy in gebed en vas. Ons nooi jou ook om die dag af te sluit met ’n gebedsbyeenkoms om 19:00 by ons gemeentesentrum.
Wat is “vas”? As jy kan en kans sien sou jy ook kon vas vir hierdie tyd. Waarom vas? Vas is ’n gebruik waardeur ek van my daaglikse roetine afwyk om sodoende herinner te word om op die Here te fokus. Daar is verskillende maniere waarop ’n mens kan vas. Jy sou kon vas deur glad nie te eet nie, of net nie vaste kos te eet nie, of sekere kosse wat jy geniet nie te gebruik nie (bv koffie/tee ens). Jy sou ook kon vas deur sekere dinge nie te doen nie. (Bv, Om so min as moontlik te sit, nie radio te luister nie ens.) Wat ookal jou sal help om deurlopend van die Here bewus te bly.
GEBED EN VAS:  More van 06:00 tot 19:00
GEBEDSBYEENKOMS:  19:00 - 20:00 by die Gemeentesentrum.
Kom ons neem as Geloofsfamilie hande in gebed en verootmoediging!
Groete in Christus
Gemeenteraad en Bedieningspan

Views: 50

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service