PvR Geloofsfamilie

GEMEENSKAP Buitelug Fliek Aand - 2 Maart 2018

Ons wil graag vir mense van ons gemeenskap 'n bekostigbare aandjie uit bied. Daarom dan ons Buitelug Fliek aand Vrydag 2 Maart 2018.

Almal is welkom, nie net ouers wat hulle kinders na ons Ouer Date Night bring nie. Of jy deel is van 'n paartjie of enkellopend is, oud getroud of sommer net 'n klomp vriende en vriendinne saam, jy is baie welkom om Vrydag aand te kom fliek kyk.

Ons gaan lewendige musiek hê danksy Louis Hager en Sonet van Rooyen vanaf 18h30. Bella Events Karavaan kom ook die aand so julle kan die mooiste fotos neem. Daar sal ook koeldrank en Popcorn te koop wees. En die Fliek, "Me Before You" wys vanaf 19h30.

Bring jou piekniek mandjie, komberse, kussings en / of stoele en geniet die aand saam. Dit is gratis so daar is geen verskoning om 'n aand onder die sterre te kom geniet nie! Nooi jou bure, familie en vriende vir 'n heerlike aand uit!

Vir meer inligting kontak ons by:

Views: 214

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Bestel nou vars vleis tot 2 Desember vir aflewering by kerk in week van 3 Desember.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service