Kliek hier om die materiaal in Word-formaat af te laai.
Wanneer ons met die Bybel werk in ons Gesels groepe is ons intiem besig om die teks en dit agter die teks op so goed moontlike manier te ontleed om n beter verstaan te kry oor hoe die Woord van God lewend word in ons lewens.
Ons het n Basiese Metode ontwikkel wat ons as lens gebruik wanneer ons die Woord probeer oopbreuk.
Laai gerus die metode af en gebruik dit tydens persoonlike stiltetyd om deel te raak in die teks en jouself in die teks te plaas. Dit is ongelooflik ontdekend en los ons dikwels in totale verwondering oor die Lewende woord van God.
IN die metode word sterk gefokus op die drie Vs wat ons geloofsfamily aan dink wanneer ons dink oor die manier waarop ons Christus ontdek en volg.
Hier volg die metode.
Stil word
Die stil word is n tyd waar ons stil word in die teenwoordigheid van God en bewus kan word van die Heilige gees wat by ons is en met ons praat.
Skryfstyl
Wanneer ons met die teks werk moet ons onthou dat dit n antieke geskrifte is wat binne n spesifieke leefwêreld gebeur en afspeel en daarom op bepaalde maniere geskryf is. Wanneer ons dan met die teks werk moet ons die skryfstyl so gebruik dat ons n beter verstaan kan he van hoe dit geskryf is. Daarom moet ons die skryfstyl identifiseer in die teks. Hier is klomp soorte skryfstyle wat ons in die teks kry.
Verskillende tipes geskrifte in die Ou Testament
Verkillende tipes geskrifte in die Nuwe Testament
Kleiner tipes geskrifte in die Nuwe Testament
Daar is ‘n paar kleiner tipes geskrifte in die Nuwe Testament
Verhalende geskrifte:
Gespreksgeskrifte:
Karakters
Wanneer ons met die karakters in n verhaal werk is dit belangrik om die karakters te identifiseer asook goed soos die emosies en die konflik in die karakters omdat dit ons help om met van die karakters te identifiseer en daarom meer van myself en God te ontdek.
Hier is n klompie vrae wat gevra kan word aangaande die karakters.
Vrae oor die karakters
Verhaal
Ons wêreld bestaan uit stories en daarom is dit belangrik om die verhaal vas te vang en te ontleed want dit breuk die teks oop op n manier waarop ons kan verstaan wat aan die gebeur is in die teks. Hier volg n paar belangrike aspekte wanneer ons oor die verhaal gesels.
Waardes
Waardes kweek n leefstyl en daarom Identifiseer ons waardes in die teks wat ons kan help om ons eie waarde sisteem op te bou wat ons help met ons optrede in die wêreld. Daar is n lys waardes aangeheg wat kan help om die waardes te identifiseer.
Kreatiewe moontlikhede
Daar is verskeie maniere hoe om die teks kreatief uit te beeld sodat daar n beter sigbare greep op die gebeure te kry. Hier kan jy doen net wat jy dink in jou groep sal werk en daarom is hierdie net n hulpmiddel . hier is egter n paar voorbeelde.
Neem die verhaal en deel elke kind in die groep in een of ander “rol” in. Dis belangrik om almal in ted eel en ken maar “denkbeeldige” rolle toe as daar nie genoeg in die teks is nie. Lees die verhaal stadig en laat die kinders die rolle vertolk soos die verhaal ontvou.
Baie soos rollespel maar minder “aksie”. Dis goed vir afwisseling (of vir ‘n volgende rondte met die teks) om die groep die teks “in karakter” te laat voorlees.\
Soek vooraf sekere van die antwoorde op jou vrae uit en maak dit skate wat die groep moet probeer vind. Bv. Daar is ‘n man in die teks wat saam met Jesus op die water loop. Wie is hy en hoeveel keer staan sy naam in die teks?
Enige kreatiewe manier waarop die teks voorgestel kan word.
Stuur
Nadat ons die teks deeglik behandel het wil ons die jongmense uit stuur om die 3 V’s wat ontdek is in die teks te gaan uitleef in die wêreld waarin hulle leef. Daarom is dit belangrik om die 3 v’s in te bring en di jongmense uit te stuur met dit in die wêreld in. Hier volg n klomp moontlike vrae wat ons kan help met die ontdekking van die 3 V’s in die teks.
Leef die woord
Verwondering:
Volgeling:
Verhoudings:
30 Mei 2012 van 5:30 tot 6:30 – PVR Gemeenskapskerk
30 Mei 2012 van 19:00 tot 20:30 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 10:00 tot 12:00 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 14:30 tot 15:30 – PVR Gemeenskapskerk
4 lede
56 lede
19 lede
6 lede
12 lede
6 lede
20 lede
4 lede
27 lede
10 lede
© 2012 Created by PVR Admin.
Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!
Join PvR Gemeenskapskerk