31 Julie 2019

Getuienis:

‘n Jaar gelede is ons kleinseun, Alexander van Graan (4 jaar), gediagnoseer met ‘n gewas op die brein. Dit is op sy Pituêre klier gevind, en ‘n neussproei is voorgeskryf wat die hormoon vervang, wat deur die gewas toegedruk word. Drie maande later is daar weer ‘n MRI gedoen, en hierdie keer is daar nog ‘n gewas gevind op sy Pineal klier.

Hy is na ‘n Onkoloog verwys, wat hom weer na ‘n Breinspesialis verwys het.

Die Spesialis het ons meegedeel dat dit ‘n baie rare geval is, en dat ‘n paneel Spesialiste en Onkoloë bymekaar sal moet kom, om te besluit wat gedoen kan word. Hulle het genoem dat dit op ‘n plek in die brein is waar sy ontwikkeling geraak word, en dat hulle nie kan opereer, Chemo gee of bestraal nie.

Die paneel het drie keer bymekaar gekom in ‘n periode van 7 maande en baie toetse is gedoen, waarna hulle besluit het om Chemo te probeer. ‘n Afspraak is gereel vir die 16de Julie, maar hy moes eers weer gaan vir bloedtoetse en ‘n MRI.

Baie gebede is in hierdie tydperk vir hom gedoen, en met sy besoek aan die Onkoloog, het hullle bevind dat die gewasse nog steeds daar is, maar dat daar geen verdere groei plaasgevind het nie.

Ons is meegedeel dat geen Chemo gedoen gaan word nie, en dat die dokters hom net gaan monitor een keen per jaar. Hy gebruik nog die hormoon daagliks, maar ons weet ook dat die HERE hierin sal voorsien.

Ons wil die HERE al die lof en eer gee, en weet dat HY in beheer is. Baie dankie ook vir almal se gebede en ondersteuning in hierdie tyd.

Oupa en Ouma.

Views: 55

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Die Vleiskombuis bestellings kan op die webblad gedoen word. Kliek op die prentjie om jou na die webblad te neem.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofsfamilie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2019   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service