PvR Gemeenskapskerk

Dames en Here...
.......... GEBRUIK SONROOM! ........
As daar nou een stukkie raadsame advies is wat regtig werk, dan is sonroom die advies! Wetenskaplikes het hierdie teorie bewys en kan dit staaf met navorsing! Dit terwyl my advies geen basis, bewyse of onbetwisbare rede het nie, behalwe vir my eie persoonlike ondervinding! Maar ek wil dit in elk geval graag met julle deel….!

Geniet die glorie en glans van jou jeug, of toemaar, jy sal dit in elk geval nie ten volle verstaan of waardeer alvorens dit begin kwyn nie! Maar glo my, oor 20 jaar van nou af, kyk jy terug na fotos van vandag, en kan jy nie glo net hoe goed jy werklik gelyk het nie, en hoeveel moontlikhede voor jou uitgestrek was nie!
Jy is beslis nie so vet soos wat jy jouself laat glo nie!
Moenie mode tydskrifte lees nie, dit laat jou net 'n swak selfbeeld vorm!

Moenie jou bekommer oor wat die toekoms inhou nie! Om te kommer oor die toekoms is soos om kougom te kou in 'n soeke na moelike wiskundige raaisels se antwoorde.
Die werklike probleme in ons lewens is die ongeantwoorde vrae se ontwykende antwoorde, wat vir een of ander rede skierlik oplossings benodig,dit nogal 4 uur die middag, op 'n doodgewone dinsdag….
Doen een ding per dag wat jou laat bang maak….
Moenie met ander se harte roekeloos en minagtend handel nie… moet ook nie toelaat dat dit met jou hart gedoen word nie! Vermy jaloesie, dit laat jou net onnodig bitter word ! In die dolle wedloop van ons lewens, is dit belangrik om te onthou dat partykeer is jy dalk voor en ander kere is jy dalk agter… hoe ookal jou situasie uitsien, onthou net, dis 'n lang wederen, en aan die einde is jy einlik net in kompetisie met jouself…!
Sing…

Onthou al die goeie komplimente wat jy ontvang, dit help 'n gesonde selfbeeld bou, vergeet die slegte kritiek wat jou toegesnou word! (as jy dit kan reg kry, vertel my hoe, ek sukkel nog steeds daarmee)
Hou al jou ou liefdesbriewe…gooi weg jou ou bankstate...
Strek…
Moenie skuldig voel as jy nie weet wat dit is wat jy met jou lewe wil doen nie, die meeste 21 jariges weet ook nie wat dit is wat hulle wil of gaan doen nie… inteendeel, van die mees interessantste 40 jariges wat ek al ontmoet het, weet trouens nog steeds nie wat hulle werklik graag wil doen in die lewe nie!
Drink genoeg kalsium en vitamines… neem goeie sorg van jou kniee, jy gaan dit berou as hulle beskadig raak!

Wie weet, dalk besluit jy om eendag te trou, of dalk nie...!
Dalk het julle kinders, of dalk nie...!
Dalk skei julle na net 'n jaar saam, of dalk dans julle die"Macarena" op julle 50ste huweliks herdenking…
wat ook al gebeur, onthou net, moenie jouself te veel geluk wens nie, of jouself verwyt oor foute nie! Jou keuses is 'n 50/50 besluit, net soos al die ander mense in die hele wereld sin!
Geniet die liggaam wat jy het, gebruik dit op elke positiewe manier moontlik! Moenie bang wees daarvoor nie! Moet jou ook nie steur aan wat vreemdebmense se daarvan nie, dis die beste instrument wat jy ontvang het! Versorg dit goed!
Dans…. Al het jy geen ander plek as jou eie beknopte sitkamer, met n klein, enkel-luidspreker radio wat kraperig 'n liedjie speel terwyl jy met jou besem dans nie!

Leer jou ouers ken… want wie weet vir hoe lank is hulle nog met jou?
Verdra jou broers en sussies! Hulle deel jou verlede, en so ook die onsekere hede… en glo my, hulle is net so bang vir die onbekende soos wat jy is! so dit help as julle saamstaan om die toekoms te trotseer!
Die lewe leer ons dat vriende kom en gaan, dis slegs die rare enkeles wat lewenslank ons vriende bly! Bewaar daardie vrienskap, want dis kosbaar!

Reis…
Bly in 'n groot stad, maar trek voor jy ook gejaagd raak... bly op die platteland, maar trek weg voor jy te lui raak!
Aanvaar die onveranderlike… pryse gaaan styg, politikuste kan nie als gee wat hulle belowe nie, Robbie Wessels word oud! Jy word ook al hoe ouer! En eendag gaan jy jou kinders vertel dat in jou tyd was pryse redelik, politikuste eerlik, en het kinders respek gehad vir oumense! Het jy nog respek vir die ouer gardes rondom jou?
Moenie staatmaak op andere om jou te versorg nie, werk eerder hard! Dalk is daar 'n trustfonds vir jou, of dalk trou jy met 'n ryk ou man, maar jy gaan nie weet as een van die twee skierlik verdwyn en jou met niks oorlaat nie!
Moenie jou hare heeltyd van kleur verander nie, dit gaan jou laat oud lyk lank voor jou outyd!

Wees versigtig wie se advies jy aanvaar en gebruik, maar he geduld met die wie hul le advies aan jou gee!
Ek se altyd: "slegs 'n paar mense kan uit ander mensese foute leer, die res van ons is die ander mense!"

Views: 96

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service