Waarom Kamp ons met ons Geloofsfamilie se kinders?

Babatreetjies in Onafhanklikheid
Kampe gee ons Kinders die eerste voorsmakie van onafhanklikheid van die ouers, binne 'n veilige omgewing met liefdevolle volwasse toesig. Dit is die eerste kans waar mamma nie konstant "nag" herinner om tande te borsel of beddens op te maak nie. Maar dit is ook nie ‘n kans vir al die reëls om by die venster uit te waai nie. Die kinders leer verantwoordelikheid en onafhanklikheid deur hulle klere te pak, bymekaar te hou en betyds vir die aktiwiteite te wees... terwyl daar toesig van mentors is wat werklik omgee.

Positiewe Rolmodelle
Ons mentors wat met ons kinders werk is passievol oor die Here en werklik lief vir die kinders. Hulle gee om en probeer God met hulle hele wese dien. Hulle leer die kinders hoe om die lewe met oorgawe te geniet, die Here in alles te soek, jammer te sê as hulle foute maak en weer reg te maak wanneer vergifnis gegee is. Ons glo werklik ons kinders beter, meer vervulde lewens kan hê as ons vir hulle soveel moontlik positiewe rolmodelle in hulle lewens kan inbou. Hierdie rolmodelle stap ‘n lang pad saam met hulle. Dit gee hulle ook kans om na ‘n verskeidenheid mense kan draai as die lewe te swaar druk. Goeie rolmodelle in ons kinders se lewens, maak ons hande as ouers ligter.

Dis GROOT pret!
Ons is nie almal speel in die modder tipe mense nie. Maar daar is soms ‘n tyd wat dit nodig is om van ‘n klomp sorge te vergeet en net in die modder te jol. Daar is verskeie sulke geleenthede en moontlikhede op kampe. Geleenthede om te lag, jouself nie so ernstig op te neem nie en iets te doen wat jou bietjie buite jou gemaksone neem. Dit is wat ons op kampe doen. En dit is juis wanneer ons kinders nie net groot pret het nie, maar ook groei as mense.

Ons ontmoet God

Kampe gee vir ons die geleentheid om meer tyd saam met die Here te gee as wat ons gewoonlik tydens ‘n uur op ‘n Sondag byeenkoms sou kon. Daar is nie net meer tyd nie, die diepte van ervaring gedurende die aktiwiteite maar dat hulle oop genoeg is om God op nuwe maniere te kan ontmoet. Die feit dat ons ook weg van die huis is, en in ‘n onbekende plek is maak dat al die grense afgebreek word en God op ‘n dieper manier ontmoet kan word. Dit is heilige grond wat ons nie elke dag geleentheid voor kry nie. Dit is waar ons verhoudings bou en intimiteit met God kan aanhelp.

Klink dit goed? Hou dan die datum oop in jou en jou kind se dagboek.

17-19 April 2020
Hou die spasie dop vir die Inskrywingsvorms.

Views: 10

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Die Vleiskombuis bestellings kan op die webblad gedoen word. Kliek op die prentjie om jou na die webblad te neem.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofsfamilie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2020   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service