PvR Gemeenskapskerk

Graad 8 die jaar van vorentoe kyk en in voetspore stap

Ons jongmense se Graad 8 jaar is gewoontlik een van tussen die boom en die bas, in die middel van die "nog nie groot-nie meer kind" tydperk van ons jeug. Saam met dit ontwikkel daar egter ook nog 'n klomp groeipyne wat so effens aan die selfbeelde knaag en die lewe bemoeilik.

Daarom is dit ondere andere 'n groot LIEFDE jaar vir hulle. Nie 'n jaar waar noodwendig na die teenoorgestelde geslag gekyk gaan word nie, maar 'n jaar wat aanvaarding en liefde bitter nodig is.  Daarom kyk ons vorentoe en stap in die voetspore van die Ou Testament om sodoende te help dat elke jongmens hom of haar self ten diepste ontdek.

Ons begin in die eerste kwartaal met 'n intense identiteit en doel kwartaal waar ons elke week intens met hierdie twee gedagtes gaan omgaan en reis. Oppad met onsself en die rede(s) waarom ons hier op hierdie aarde is. Ons gaan vra na ons lewensdoel en waarheen lei my doel my.

Dit is soms moeilike begrippe en daarom vra ek dat ons ouers asseblief daar 'n rol sal speel in die verloop van die kwartaal en geduldig sal wees met die vrae wat dalk mag opkom.

Kwartaal twee lees ons Genesis en veral dan die skeppingsverhaal deur 'n bril van ons wêreld en alles wat rondom ons gesê word rondom die skepping. Ons gebruik die metode wat ons uiteengesit het om na die teks te kyk en probeer dan so onsself in die teks tussen die karakters plaas.

In kwartaal drie lees ons in 1 en 2 Samuel, op dieselfde manier waar ons veral op die Dawid verhaal fokus met die krisis en drama ervarings in sy lewe.

Kwartaal 4 gaan ons ons gebruiklike verhoudings reeks aanbied waar ons oor 'n paar moeilike verhoudings kwessies binne die lewens van jongmense gaan gesels. Dit is altyd n intense tyd hierdie maar ook 'n baie opwindende tyd omrede daar n omgewing geskep word waar al die vrae wat in die binneste worstel geantwoord kan word.

Liewe ouers, dit is ons jaar vir die graad 8's en ek pleit regtig ondersteun en wees lief vir die jongmense al kan hul soms net "weird" wees. Ons benodig almal se hulp om te help dat God se Koninkryk, ook vir hierdie jongmense op aarde kom. 

Views: 88

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service