PvR Gemeenskapskerk

Wat is dit wat maak dat party van ons makliker opstaan, groei, vorentoe beur, verhoudings herstel en doelbewus daaraan werk? In my oppadwees saam met mense blyk een antwoord uit te staan; Die geloof dat ek dit werd is om liefgehe te word en te behoort ,met ander woorde, selfwaarde en die wete dat ek identiteit in God het... Heelhartig is.

 

Heelhartiges deel die vlg. eienskappe:

Dapperheid - hulle het die moed om NIE volmaak te wees nie;

Sagmoedigheid - met hulself en met ander om hulle;

Egtheid - die vermoee om te wees wie hulle is en nie wie hulle dink hulle veronderstel is om te wees nie - skepsels en nie God nie;

Broosheid-hulle omhels hul eie broosheid. Hulle veromantiseer nie broosheid as aangenaam of as uitermate sleg nie -hulle sien dit as noodsaaklik. Om eerste te se "Ek is lief vir jou" of om diensbaar te wees sonder om die uitkoms te sien is vir hulle ononderhandelbaar.

 

Hoe lyk dit dan in my(en jou) lewe? Ek word gesien, broos-diep gesien. Met my hele hart het ek lief- sonder die waarborg van terug ontvang. Ek loop oor van dankbaarheid en vreugde, selfs wanneer die las van hoop te swaar voel - kan ek so vurig wees oor wat vir my belangrik is, nl. my geloof in Christus! Ek glo dat ek genoeg is - dit maak my 'n vriendelike, sagte, toeganklike en ook eerlike mens.

 

En hierdie, klink dit vir my, is baie naby aan God se wil vir ons - om so met Hom in verhouding te wees.

 

 

 

Views: 41

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service