PvR Gemeenskapskerk

Hier is wat Herman sê....

Na ’n ongelooflike Paasseisoen, waar ons die hele kruistog kon saamstap, gaan ons amper die volgende tydperk binne. Pinkster is vir ons as Joeff ook ’n lekker tyd van saamkom en dit as familie en vriende ervaar, waardeer en geniet.

Vanaf die 6de tot die 9de Junie m.a.w. die Maandag tot Donderdagaand van Pinksterweek, gaan ons as Youth feesvier en lekker saam kuier, om ’n kampvuur met ‘n koffie of milo en dalk ietsie soos marshmallows om die kake aan die gang te hou. En dalk is daar ’n aand of wat, ’n verrassende gas wat kom gesig wys en bietjie saam met ons kuier.

Elke aand ’n uur voor Pinkster begin kom ons agter by die boma bymekaar. Dit is net daar wat alles gaan gebeur. Die vure sal brand en ’n musiekie sal die atmosfeer bring. So wees daar en bring almal wat asemhaal saam.

Na ons kuier gaan ons almal die Pinkster diens bywoon en maak dan die volgende aand weer so met nuwe koffie, nuwe marshmallows en ’n nuwe aand se fun.

Sien jul daar vrinne.

Views: 40

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service