PvR Gemeenskapskerk

Sommige mense sal getuig dat hulle al die voorreg gehad het om God se stem te hoor, ‘n duidelike harde stem uit die hemel.  Ander weer sal getuig dat hulle God se stem gehoor het deur drome en/of visioene. Jy het al gehoor as iemand getuig dat hy besig was met iets en toe se die Here vir hom…

 

Saulus het vir Jesus hoor praat, ‘n duidelike stem uit die hemel, sy lewe het onheroeplik verander, Paulus wat gemeentes gelei het na gehoorsaamheid aan God.  Die Bybel is vol getuies van bekendes wat drome en visioene gehad het,boodskappe van God self. Konings en Profete.  Die voorreg wat Moses gehad het om met God self te praat.  Engele wat uitgekiesdes besoek het.

 

Hoor ons God se stem vandag…? Verseker hoor ons Sy stem vandag nog, ons moet net ingestel wees daarop.  God gebruik vandag nog drome, visioene, fluistering, gedagtes wat by jou opkom wat jy weet net God se stem is. Deur ander mense word daar dalk ‘n boodskap gegee, Sy woord, tydens gebed sal daar dalk gedagte by jou opkom, iets in jou geestes oog, selfs ‘n bewuswording, die natuur…

 

Die opsies is eindeloos ons moet net ingestel wees, oop wees daarvoor.

 

Hoe hoor ek God se stem?  Deur “stil” te word, by God.  In Sy teenwoordigheid te gaan, by Sy voete te gaan sit, in Sy arms te gaan rus.  ‘n Begeerte en oopgeteldheid om te hoor.  Tyd te maak om die Woord te lees, die Here te leer ken, deur stil te word in gebed, te luister, te wag!

 

Soms as ek lees dan staan die woorde uit so asof dit “bold” gedruk is, dit voel of jy dit vir die eerste keer lees en hierdie openbaring kry van dit wat jy lees.  Soms kom ‘n gedagte by my op wat ek weet van God kom, ‘n gewaarwording.  Soms bevestig ‘n ander persoon iets vir my of lees ek iets raak wat ek weet op daardie oomblik net vir my bedoel is, ‘n fluistering van God.  Soms tydens gebed is ek besig en dan skielik is daar ‘n ander gedagte, ‘n rigtingwyser.  Soms gaan draf ek vroeg-oggend en dan skielik raak ek bewus van die Here, ‘n gewaarwording in die natuur, die wind wat saggies op my vel tasbaar raak en ek weet in my hart, so seker, dat die Here my nou opsetlik bewus maak van Sy teenwoordigheid en ‘n diepe gesprek tussen ons begin, ‘n lofprysing, aanbidding, beleidenis, erkenning…

 

Soms praat die Here met ons deur ‘n preek, ‘n seminaar, ‘n kursus, ‘n praatjie, ‘n saamtrek.  En soms, net soms het jy die voorreg om ‘n wonder te beleef van ‘n droom, duidelik en onheroeplik.  ‘n Visioen van God se liefde en sorg, ‘n rus plekkie, ‘n vol maak plekkie, ‘n plek waar jy jou hart kan uit stort en jou trane afgedroog word, ‘n plek van vrede en vreugde.  ‘n Droom met die antwoord; Ek het gehoor, berus nou in My getrouheid, genade en vrede…

 

Views: 189

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service