Immanuel Skoenboks Projek - 24 November

Ons nooi graag ons Geloofsfamilie uit om deel te wees van hierdie kosbare Kers Projek. 

Ons gaan hierdie jaar begin deur 'n 100 bokse vir 'n 100 Spesifieke kinders te pak. Hulle naampies wag reeds op die Kersbome in ons ouditorium. 

Hoe werk dit? Jy neem 'n naam. Aan die groen kaartjie agter is 'n papiertjie waar jy jou naam en van, selfoonnommer sowel as die kind se naam wie se kaartjie jy geneem het neerskryf. Kyk op die groen kaartjie vir die kind se naam. Sodra jy dit ingevul het, los die afskeurstrokie met jou naam in die boks op die verhoog. 
Gaan vul dan die boks met alles wat nodig is. Daar is 'n lysie met idees aangeheg aan jou groen kaartjie. Dit sluit in: Ietsie om vas te hou, ietsie om te dra, ietsie vir skool, ietsie vir selfsorg, ens.
Bring dan jou gevulde, toegedraaide boks terug erediens toe die 24e November. Indien jy reeds dit vroeër wil terugbring, is jy welkom. Plaas dit net op die verhoog naby die bome.

Vir elkeen wat nie 'n naam getrek het nie. Ons het steeds behoefte aan alles op die lys, sodat ons nog bokse vir ander kinders kan pak. Jy kan of punt 2 en 3 volg op die volgende prent. Of meer as een produk van lys 1-7 koop. Of jou eie boks vul met alles op die lys van 1-7 en dit net duidelik merk as 'n boks vir 'n seun/dogter van watse ouderdom okal.

Hier volg al die inligting wat jy nodig het. Hier is ook meer inligting oor die huise aan wie hierdie geskenke gaan! Dankie dat jy ons op hierdie manier help!

Kontak asseblief vir Amanda Smit in die Kerkkantoor indien jy meer inligting benodig of vrae het.

Views: 65

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Die Vleiskombuis bestellings kan op die webblad gedoen word. Kliek op die prentjie om jou na die webblad te neem.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofsfamilie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2019   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service