PvR Gemeenskapskerk

Infertiliteit (kinderloosheid) OF sukkel om n volgende kind te kry.

Goeie dag

Ons wil graag n gesprek begin met enige persoon wat n opinie het oor infertiliteit of wat met infertiliteit worstel(Wat deur n behandeling gegaan het).

Mense wat nie n probleem het of gehad het om hulle gesin te begin of te vergroot nie het n bepaalde siening oor mense wat in n stryd gewikkel is om te kry wat hulle hart begeer. Net so is dit waar dat mense wat sukkel, het hulle eie siening oor mense wat nie sukkel om n gesin te begin of te vergroot nie. Dan is daar ook die verskil hoe mans en vrouens so trauma beleef en hoe die anderkant (nie Mariettha se program nie hoor) se mans en vrouens dit dalk mag sien

Ek (Wardi) en my vrou (Liza) wil graag die twee groepe bymekaar uitbring en bietjie stigmas of ander veralgemenings wat daar mag bestaan, probeer opklaar.

Soos julle mag weet is ons betrokke by die infertiliteits bediening. Die Here het ons daar geplaas om mense by te staan en te bemoedig, maar dan ook om inligting vir ander mense te gee wat dalk mag wonder oor wat gaan in n persoon en n paartjie se gemoed aan wanneer hulle behandeling na behandeling slegte nuus ontvang en die mediese spesialiste kan nie n verklaring gee hoekom dit nie gewerk het nie. Ons deel graag ook ons vehaal met julle.

Jy sien ons kan vandag n man op die maan sit, ons kan stepies in n tandepaste buisie sit sonder dat hulle meng, maar om n vrou sanger te kry is n misterie veral wanneer die dokters alle toetse gedoen het wat hulle van weet. Die enigste advies van die dokters is dan "Kom ons probeer maar weer volgende maand". Dis nie asof hulle enigsins ag slaan op jou persoonlikke finansies nie(en dit kos baie so n behandeling). Vir hulle is dit net so belangrik om jou swanger te kry. Dit lyk partykeer asof hulle meer te wen het uit so n proses as wat julle as paartjie het.

Kom gesels asb saam. Ons sal graag so n verskil wil maak in ons gemeente en gemeenskap.

Groete

Wardi en Liza

Views: 1471

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Wardi Smit op 28 Julie 2014 om 15:00

Hi Isabel

Jy is definitief nie minder vrou nie. Jy het so baie om die wereld te bied. My en my vrou se antwoord het deur n vriendin gekom wat aangebied het om ons te help. Ja, ons dogtertjie is na 11 jaar se behhandelings deur n surrogaat gebore.

 

Ons dank die Here elke dag vir ons geskenk. Ons praat graag met mense wat deur dieselfde proses gaan. Ons kan werklik se ons het die spreukwoordelikke myl in hulle skoen gestap. Ons was baie gelukkig in die sin van ons ondersteunings basis. Ons selgroep en familie het ons deur die swaar tye gehelp, al het hulle dnie geweet presies wat om te se of te doen nie.

 

Een ding kan ons beslis weet, dat God jou en jou man baie lief het. Hoekom julle die pad moet stap weet ons nie, en ek is seker julle het al by verskeie mense moontlikke antwoorde gekry. Ons hou julle in gebed en staan by julle. God se Gees sal salf op julle wonde sit en julle vashou tot dit weer gesond is.

 

Groete

Wardi 

 

Kommentaar deur Isabel op 17 Julie 2014 om 12:14

Hallo Julle!

Vandag loof en prys ek ons Vader vir julle en vir die stigter van hierdie blog. Ons het letterlik jare gesoek na mense wat kan verstaan hoe dit is om die kruis te dra.

Ons is 11jaar getroud. Kinderloos met baie vrae en emosies wat nou nog seer is. Ek sien ons pad so in julle almal se comments. Ons was en is geseend om mekaar te kon he (Wys my weer hoe God se genade groot is) in ons donkerste tyd toe ek vir behandeling was. Want dit was die tyd van vrae wat nooit sal beantwoord word nie en ons mense wil mos planne maak en dan moet dit net so gebeur soos ons dit soek. Spreuke 19:21 se Al maak mens hoeveel planne wat die Here besluit staan vas. Dit was harde woorde vir my want ons dien n getroue en liefdevolle Vader wat net die beste wil he vir ons wat Hom dien. Wat vir ons gee as jy vra wat oopmaak as jy klop. Wel ons moet Hom ook kan dien wanneer Sy antwoord NEE is. Dit was n moeilike ding!

Baie mense het ongeneeslike siektes en daar word vir hulle gebid en geglo dat hul genees sal word. Maar soms is God se liefde en die feit dat ons die ewigheid saam met Hom gaan spandeer eerder die antwoord. Ons lewe moet getuies vir God se koningkryk wees sodat ons "verleentheid" vir God n geleentheid word.

Dis nie maklik nie en daar is so min verstaan van ander mense af.  Al wat ek kan se is hou jou kop op en kry jou krag by ons Vader. Dis nie n verleentheid nie. Dis niks om oor skaam te wees nie en ek glo nie, ons het iets verkeerd gedoen om dit te verdien as straf nie. 

Ek wonder of daar iemand is wat ook soos ek gevoel het of wat dalk nou so voel: dat jy minder vrou is omdat jy nie n ma is nie? 

Groete

Isabel

Kommentaar deur Zania de Man op 13 November 2012 om 13:47

goeie dag liefste mensies in Jesus

ai ekke lees hierdie blog's en my hart wil saam almal breek

want ek en my hubby sit in dieselfde bootjie

ek wil net vra of jul asb vir ons sal bid vir moed en krag

dit is nou al 3 jaar, dit raak nie beter nie

dankie tog vir Abba se genade en liefde vir ons..

Hy is die enigste EEN  wat ons kan vertroos, maak nie saak wat enige iemand sê nie..

wou net geshare het dat die Here nog steeds awesome is en sonder Hom is ons niks,

dankie dat ekke mag vra

Groete en blessings Zania

 

Kommentaar deur Yolanda Horn op 3 April 2012 om 12:23

Hi Almal,

Ek weet hierdie poste waarop ek reageer is al 'n paar jaar oud, maar ek dink nie die kwessie van infertiliteit - en die skade wat dit aan mens en huwelik kan maak-  sal ooit uit die "mode" uitgaan nie, en hopenlik kan iemand iets kry uit my worsteling/my woestyn pad, of het iemand dalk 'n paar woorde van wysheid vir my. Hier is my grondpad deur die woestyn oppad na die beloofde land:

Op 24 was ek getroud en die toekoms het rooskleurig gelyk. Ek is in die hospitaal in PTA opgeneem vir 'n laparoskopiese ondersoek na die rede vir ons kinderloosheid. Daar was komplikasies en my man moes toe 'n besluit neem (terwyl ek ondernarkose was) - en sy belsuit was: "Sny maar Dokter!" Stel jouself voor die skok toe ek by kom na wat veronderstel was om 'n half-uur operasie met 2/3 klein snytjies te gewees het, en halfde van my binnegoed is versnipper of uitgesny. Die trauma was baie erg en baie trane is gestort in die daaropvolgende paar dae. Die uitslag van die operasie: A.g.v. die versnippering was Invitro Fertalisering die enigste opsie oop. Met die grootste respek gese, die "bemoedigende woorde" van: "Jy moet net vertrou, alles sal regkom.... Alles werk ten goede mee....." maak nie die stukkende hart heel wanneer jy in die middel van so 'n gemors staan nie. Maar met geloofsoortuiging besluit ons om vir IVF behandeling te gaan, want... "Alles werk (mos) ten goede mee vir die wat die Here lief het en Sy gebooie onderhou. 'n Ongetroude vriendin wat pas skool klaar gemaak het gaan saam met my die dag kliniek toe vir my uitslag, want sy moet ook die kliniek besoek - sy voel nie goed nie. Ek is bang om die uitslae te kry so ek laat haar maar eerste gaan. Terwyl sy in die ondersoek kamer is, deel hulle my resultate mee: "Jammer mevrou, jy is nie swanger nie..." en byt op my tande en staal myself - ek wil nie huil of wys hoe seer ek kry nie. My vriendin kom uit en ons wag saam. Suster kom weer uit en se vir haar: "Baie geluk, MEVROU, jy is swanger...", my hart wil breek maar ek draai na haar met net goeie wense in my hart, en sy se vir my (terwyl sy kliphart huil): "wat gaan ek maak? Ek wil nie die kind he nie, ek kan nie nou swanger word nie.....Jopie gaan my los...." - Op daardie stadium het ek gedink dis die verskriklikste dag in my lewe, maar geloof laat 'n mens aanhou en sterk staan.

Twee maande later gaan ons weer vir IVF - ek moet die koste vir die behandeling betaal want my man se dis my skuld dat ons nie kinders kan he nie. EK kry die geld, gaan deur die behandeling en op die dag van die implanting (My verjaarsdag)  is my man al vroeg die oggand weg vir 'n jag naweek - sy ma staan by my terwyl die inplanting geskied.... nodeloos om te se... dit was weer negatief. Spanning in die huwelik is besig om breek punt te bereik en dinge wat hy (my man) nog altyd van te vore gedoen het, begin nou aan my krap - laat aande, strip klubs, dronkenskap; 'n Affair met sy sekretaresse ens. Hoe meer die spanning bou, hoe meer begin ons baklei, en elke onderonsie eindig met die woorde: ".....vir wat sal ek wil huis toe kom, hier is niks vir my nie...! - Dit bring die oeroue gevoel van: "Omdat ek nie vir jou kinders kan gee nie, is ek nie goed genoeg nie en verdien ek nie liefde nie..." na vore. My Bybel se ons is almal goed en mooi geskape, ons is baie spesiaal vir die Here en aanvaarbaar vir Hom, maar dis sooooo moeilik om daardie liefde te voel/ervaar en in geloof te aanvaar, as die een mens wat veronderstel is om jou bo alles en almal lief te he, jou sleg en nikswerd laat voel nie.

Derde poging..... my man se sekretaresse (Ja, dieselfde een) vat my vir die inplanting.... hy gaan duik..... resultaat, negatief natuurlik. Dan kom my man met 'n voorstel....."Hy het dit met sy sekretaresse bespeek en sy sal as surrogaat ma vir ons optree....!" Nee!!! EK is nie Sara nie en ek gaan nie van haar Hagar maak nie.  Op my versoek dat as hy ons huwelik wil laat werk, moet hy haar uit ons lewe uit kry, antwoord hy: "Nee, ek kan nie, dit sal immoreel wees". Ek wil my goed pak en weg hardloop. Ek maak nie 'n waarde uitspraak oor of egskeiding reg of verkeerd is nie, ek vertel net hoe dit in my lewe gebeur het.

Ek kon nie weg kom van hom af nie, hy het al die finansies gehanteer. Die subtiele dreigemente en emosionele afpersing word ook meer- dinge soos: "sonder hom is ek niks..... ek sal dit nooit op my eie kan maak nie..... ek sal reguit hel toe gaan..... as ek dan wil gaan moet ek net weet dat ek nog steeds alle finansiele vereistes vir ons huis ens. sal moet nakom...  My reaksie is: "die Liewe Vader sal uitkoms gee!" - maar oor een ding is hy reg, ek sal nie my helfde van die huis ens se finansiele vereistes kan bybring EN nog vir myself kan sorg nie...... O! hoe swak is mens se geloof partykeer. Dis maklik om te se "Ek glo" as jou kaste vol kos is, maar probeer dit met volle oortuiging se as jou kaste leeg is en jy nie weet waar jou volgende ete vandaan gaan kom nie?.... Ek bid. Aanhoudend. EK huil voor die Here en smeek Hom (maar in my binneste is ek bang die Here se vir my ek moet by my man bly) - 'n week later kry ek 'n werks aanbod vanuit 'n vreemde land waar hulle offer om vir my verblyf en lewens koste daar te betaal asook 'n "Home Country Allowance" vir enige finansiele verpligtinge wat ek in SA het. Ek pak my tasse en gaan. Die skuld gevoel is daar, sy woorde van "As jy my los gaan jy reguit hel toe..." is heeldag in my ore. EK sluit aan by 'n "interdenominational" kerk - die enigste christen kerk daar - en bevind myself op 'n "hoe-spoed" trein van enorme geestelike groei. As ek alles weer moes deurmaak om daardie punt te bereik, sou ek. Per toeval kom preek 'n SA dominee daar wat spesialiseer in Huweliksberading - ek gaan na hom toe vir berading, want ek voel nog steeds egskeiding is verkeerd....maar ek kan myself nie meer indink om terug te gaan na daardie situasie toe nie. Ons as mense wil mos altyd ons eie wil he/volg. Ek bid.... "Ag, Here, help my. Ek weet nie wat om te doen nie, ek sien nie kans om terug te gaan na hom en sy tipe lewe nie. Ek het my Bybelse waarhede verruil vir wat hy as waar beskou het en ek was te swak om op te staan vir wat ek geglo het. Help my.....". Na baie gebed en huil (en natuurlik - soos mens maar is - my poginkies om die Here te oortuig van wat EK dink die beste sal wees vir my) besluit ek ek sal 'n huweliks berading sessie met die dominee reel, my man vra om ook daar te wees en te probeer werk aan die huwelik. Ek neem myself voor: "As hy opdaag vir die berading sal ek terug gaan en werk aan die huwelik. As hy nie opdaag nie, is dit verby. Ek reel dit lank voor die tyd. Hy daag nie op nie. Ongelooflik soos dit mag klink is ek teen die planke. Ek besluit om inelkgeval na die sessie te gaan. Dis vernederend. Dit laat my nikswerd voel, maar ek gaan. Teen alles in wat ek glo, stap ek uit met die besluit om te skei en volle geestelike vrede.

Dis nou 11 jaar later en in die tyd het ek daagliks die Here se genade, teenwoordigheid en seen gevoel - ek sou 'n paar boeke vol kan skryf om die getuienis van God se voorsiening, beskerming, liefde en leiding van daardie jare vastevang. Ek het 5 jaar gelede 'n wonderlike man ontmoet wat my geestelike en emosionele ondersteuning gee wat ek nog nooit van enige mens af gekry het nie. Ons is nou so vier en 'n half jaar getroud en het 2 keer al gegaan vir IVF - beide kere onsuksesvol. Ons moet nou besluit of ons weer gaan... natuurlik wil ons baie graag kinders he, maar die afgelope jare het ons geleer dat ons elke dag versorg word en nuwe krag kry. As kinderloosheid die kruis is wat ons moet dra, kan ons getuig dat dit deur God se genade vir ons draagbaar is. Met die 2 behandelings wat ons nou al deur is, het 'n paar geloofs kwessies kop uitgesteek. Dinge soos: "Is Kinderloosheid 'n straf van God oor sonde in ons lewe - is dit 'n vloek...? Is IVF behandeling reg vir kinders van God?..... Probeer ons nie nou God se wil in ons eie hande neem nie...? Is dit 'n teken dat ons nie genoeg geloof het in God nie? Is dit dat ons glo/dink God kan nie die onmoontlike situasie moontlik maak nie? of nog erger.... DInk ons dalk Hy WIL ons nie help nie, nou probeer ons dit doen op ons eie....? Is dit verkeerd van kinders van God om dokters te besoek vir behandeling  i.p.v. om net daarvoor te bid nie? Ons het met hierdie vrae geworstel en hierdie is die leiding wat ons gekry het: "Mens wik, maar God beskik."; "Wysheid kom van God af, en party mense het die gawe van genesing gekry - wat se doel dien die gawe van genesing as God se kinders dit nie mag gebruik nie?" Op die vraag van: "As U wil, kan U my gesond maak." het Jesus geantwoord: "Ek Wil. Word gesond" (Mar.1:41) - In die kort sinnetjie sien ons twee elemente: 1) Jesus Wil ons gesond maak; & 2) die woord "Word" in Word Gesond is 'n werkwoord - m.a.w. ons moet tot aksie oorgaan. Nie aksie om iets in eie mag te doen nie, maar aksie as uiting van ons geloof - aksie in geloof.

Baie mense veroordeel IVF behandeling as verkeerd en onchristelik. Ek en my man het daarmee geworstel en en God geraadpleeg. Op grond daarvan het ons besluit om in Junie die jaar nog 1 keer te probeer. Ons gaan in geloof alles in ons Godgegewe vermoe doen, na die beste van ons vermoe, en die uitkoms daarvan aan die Here oorlaat. "Om die Beloofde land te bereik, moet jy die eerste tree die woestyn in gee; jy moet loop, maar laat God jou lei en versorg met elke tree."

Vir ander wat met hierdie kwessie worstel: ons weet party keer se welbedoelende mense dinge wat baie seermaak; ons ken die twyfel van: "Ek weet God kan ons help as Hy wil. Maar ek twyfel of Hy Wil."; ons ken die hartseer van " Ander mense wat nie kinders wil he nie, raak maklik swanger en aborteer dan; maar ons wat kinders WIL he, kry nie." Ons weet dat geen troos woorde wat ons kan se, julle tot berusting kan bring nie. Maar ons WEET ook dat die Here ons deur al hierdie tyd gedra het; versorg het; krag gegee het om nog 'n dag tromp-op te loop. As ons hartseer raak, of mismoedig voel die dag, kyk ons terug op ons lewens en SIEN ons hoe die Here se liefde ons omvou het. EK daag julle uit: Kyk terug op jou lewe - nie soos Lot se Vrou met 'n hunkering na die ou mens nie - maar soos Josua die spioen "terug gekyk" het met toekoms verlange  na die beloofde land wat vir hulle wag.

Mag julle omvou word met Jesus se liefde

Yolanda

 

Kommentaar deur Wardi Smit op 10 Junie 2010 om 15:01
Hi

Die vraag is dan. Hoe moet ons mekaar ondersteun? Wat wil ons he moet die mense vir ons se wanneer ons moedeloos is en die klipperige pad van ons reis na heelheid ons voete deur geskuur het?

Dit is waar wat jy se dat mense nie weet wat om te se nie. Hulle is te skaam of te bang om te vra, dan gee hulle goed bedoelde raad, maar op die vekeerde tyd. Dit sny deur n mens se siel tot op die been. Dan los dit n wond wat maande of jare vat om te genees. Some genees die wonde maar en die letsels bly daar in ons binniste. Niemand sien dit nie, ons weet hulle is daar want ons voel en sien hulle.

Hoe kry n mens weer daardie mense wat so seer het en plat geslaan is weer terug by n plek waaar hulle weer voel hulle het waarde. Ons wat al deur die poorte van kinderloosheid moes stap sien ander raak en weet op n manier wat in hulle binniste aangaan. Hulle loop met skouers wat hang en woorde wat hulle voel niemand verstaan nie. hulle maak hulle harte toe vir die wat hulle wil help, die van ons wat dalk al salf gekry het vir ons wonde. Ons het ook nog om uit te deel.

Mense, kyk asb rond om ons. Daar is baie wat so graag n kind wil vahou. Ons het so baie liefde om te gee. Ja, ons weet ook nie alles van ouerskap af nie. Ons will deel he aan die vreugde van ouerskap. ons wil n deel van ons in die werlerd stuur om n verskil te maak in iemand anders se lewe.

Ek sal volgende keer bietjie van ons verhaal deel.........

Groete
Wardi
Kommentaar deur Adel Groenewald op 4 Junie 2010 om 10:45
Ja, dis soms vir vriende en familie ook moeilik. Wanneer hul jou elke keer deur die hartseer van nog 'n mislukte poging sien gaan, raak hul soms uit opsies uit vir bemoediging. Dis heeltemal te verstane, maar dan gebeur dit soms dat hul onttrek of "onbetrokke" raak, bloot uit onkunde oor hoe om die situasie te hanteer. Sommiges het wel die insig om te weet dat geen "wise cracks" of slim antwoorde gaan help nie, maar weet nie wat om in plaas daarvan te sê nie. En om eerlik te wees, ek het baie keer verkies dat hul niks sê nie, want in sulke tye het my takt my ook soms in die steek gelaat. Sommige goedbedoelde opmerkings het my woedend gemaak, want hoe op aarde kan iemand wat nog nooit deur so-iets gegaan het "verstaan waardeer ek gaan"?!?!

Weet almal is nou wel nie "drukkie-mense" nie, maar wat wel vir my gewerk het, was as my liewe man of 'n "close" vriendin, my net gedruk of vasgehou het. En dan, dat jy maar net gewoonweg deel van die vriendekring se sosiale bedrywighede bly. Soms dink hul dat jy bv. nie sal wil saambraai kort na 'n teleurstelling of oordat daar dalk ander klein babas gaan wees. Dit is soms waar, maar vir my was dit beter dat hul tog maar genooi het, en ek/ons dan kon besluit of ons kans sien of nie.

'n LIewe vriendin het een dag in trane by my opgedaag. Ek wou ontsteld by haar weet wat fout is en sy het snikkend beduie dat sy swanger is. Sy het nie geweet hoe ek sou reageer nie en was bang dat ek dalk onsteld sou wees. My hart wou wel in stukkies breek omdat ek nie ook so 'n vreugde kon beleef nie, maar ek het haar dit nie misgun nie. Ek WAS bly vir haar onthalwe en dit was heerlik om haar geluk te wens. (Ek het wel na sy weg was op die bed neergeval en my hart uitgesnik, maar dit was bittersoet trane!)

Soms raak die seer so erg dat mens wel nie jou gewone self is nie, die behadeling mors met jou hormone en moedeloosheid "verander" jou persoonlikheid. Dié wat jou regtig goed ken en opregte ondersteuning wil gee moet asb probeer onthou wie jy werklik is en besef dat "who you've become" tydelik is en "dit jou nie toereken" nie. Soos met enige intense emosies, weet jy self nie hoe om dit te hanteer nie en verloor jy soms "touch" met die werklikheid. Jy raak so opgevang in jou eie hartseer dat jy vergeet dat ander ook emosionele behoeftes het. Ek weet ek was maar met tye 'n heel onaangename mens om mee saam te leef. So al wat ek kan vra, namens ander wat nog steeds deur hierdie dinge werk, : Hê asb baie AL die GEDULD en LIEFDE wat jy hoegenaam bymekaar kan skraap!!!!
Kommentaar deur Wardi Smit op 1 Junie 2010 om 12:18
n Mens moet nooit die waarde van jou reis gering ag nie. Jy weet nooit of dit vir iemand it n depressie help of n nuwe lus gee om hulle lewens reis verder aan te pak.

Dit is die doel van die blog. Ons wil graag mense aan die gesels kry om hulle verhalle van hoop met ons te deel. Toe ek jou verhaal gelees het, het die my so baie aan ons verhaal laat dink. Daar is baie plekke waar ons verhale ooreenstem. Ons het ook deur baie behandelings gegaan en was ook op die plek waar ons gedink het ons gaan tou op gooi. Die Here stuur toe vir ons n engel uit die Hemel in die vorm van een van ons vriendinne en sy bied aan om vir ons n surrogaat te wees. n Mens kan nie glo watter emosies en gedagtes gaan deur jou liggaam nie. zons wonderwerk is gebore op die 19de Feb 2010. Sy is die lig in ons lewens. Ons vriende het n spesiale plek in ons lewens gekry en ons dogtertjie bind ons saam vir altyd.

In ons bediening het ons al gesien met al die byeenkomste wat ons gehou het dat een persoon of paartjie se verhaal bring hoop vir n ander. n Mens weet nie wie hierdie verhale sal lees nie. Ons vertrou dat die Here mense sal stuur om bemoedig to word uit die vehale van almal hier. Nie almal sal seker kommentaar lewer nie, maar dit maak ook nie saak nie. Ons moet in geloof ons verhaal deel en glo dat dit iemand sal bemoedig wat op die selfde plek as ons is of was.

Hoe het julle, julle vriende en familie beleef wat nie deur dieselfde as julle gaan nie?

Watter advies sal julle graag aan ander wil gee om mense wat sukkel by te staan?

Baie dankie vir jou vehaal. Ek leer ook daar uit en sal beslis dit wat ek leer met ander deel on hulle weer moed te gee.
Kommentaar deur Adel Groenewald op 1 Junie 2010 om 10:15
Goeie dag,

Ek weet nie regtig hoe werk hierdie blog goed, maar kom ons probeer maar.

Ek, Adel, en my man Frans, het ook vir 6 jaar die hartseer en emosioneel uitputtende paadjie van infertiliteit geloop. Maar vandag, 11 jaar later, het ons 'n pragtige meisiekind (11), deur IVF, en 'n seun, normaal verwek (9).

Ek het al so lank 'n behoefte om ons storie te deel met julle almal wat steeds 'n moeilike paadjie rondom hierdie goed stap. Nie dat daar werklik iets is wat in die oomblik werklik troos bring nie, want wat ek ook van kan getuig, is dat die laaste ding wat jy wil hoor is goed soos: "toemaar, ons probeer weer", of "moenie worry nie, jy's nog jonk" of "dis nog nie God se tyd nie" of die ergste is:"probeer berus, dis dalk God se wil"

Ook het ek geen wyse raad oor hoe om die dinge te hanteer nie, elke ou het mos maar sy eie emosies en maniere. Wat ek wel kan se is dat ek dit vir myself destyds moeiliker gemaak het deur nie aan 'n baie spesifieke belofte van GOd vas te hou nie.

'n Dame wat ek van geen kant af geken het, het by 'n bybelstudiegeleentheid aan my 'n woord gegee wat GOd op haar hart gelê het: Dit het bloot gesê dat "Ek sal vir jou 'n kind gee, jy sal swanger word".

Maar ja, na die soveelste mislukking in behandeling, is mens maar skepties oor so 'n uitspraak. Op daardie stadium was daar alreeds 6 jaar se infertiliteitsmediakse, 6 mislukte inseminasies en een mislukte IVF. Ons het voort gesukkel deur nog 2 mislukte IVFs en was reg om finaal moed op te gee. Ons het dan ook vir omtrent 4 maande nie 'n poging aangewend. Ek was reg om te glo dat kinderloosheid vir ons bestem is. Maar het vergeet van die mooi belofte. (Hier wil ek darem nou net by sê dat nou in retrospek makik is om te praat, maar wanneer mens so moedeloos binne-in die ding is, dit BAIE moeilik is om enige rede of logika in te sien. En dan, wat nou as mens nie so'n spesifieke belofte het nie,ne?!)

Dis hoekom ek sê, daar's nie 'n wenresep wat sê, "hou so moed" of "probeer dit/dat".
Wat ek wel ook net verder kan sê is dat ek dink dit dalk net so bietjie makliker sou gewees het as my verhouding met die Vader op daardie stadium sterker was. En weereens, makliker gesê as gedaan. Ek het ipv om al stywer aan Hom vas te klou, al verder van Hom beweeg, want het geglo dat Hy net doodeenvoudig nie my gebede verhoor nie en kon net nie verstaan waarom Hy dan nie vir ons wou gee wat ons so bitter graag wou hê!!

So die geloof het getaan en ek/ons het met baie bitterheid geleef. Ons weet hoe destruktief so 'n ingesteldheid kan wees, maar ek wou na al die teleurstellings net nie meer Glo nie.

Wel, ons het vir oulaas 'n poging aangewend en was toe uiteindelik geseën met my dogtertjie en later die seun. Ons storie het dan deur genade en God se liefde 'n "gelukkige einde". Ek sit die "gelukkige einde" in aanhalings, want ek dink nie dat ons situasie noodwendig die enigste soort "gelukkige einde" is nie. Ek weet daar is baie ander maniere waarop God elkeen se storie kan laat eindig. Dalk is jou gelukkige einde heel anders of dalk voel dit vandag of jou einde nie die einde is wat jou hart begeer nie. Al wat ek daarop kan sê is "dalk is dit nog nie die einde nie" , is daar dalk nog iets wat God vir jou beplan, maar uiteindelik het niemand die antwoorde behalwe Hy nie.

Dis SO moeilik, en daarom bid ek baie opreg vandag dat God vir elkeen wat met hierdie swaar seer saamleef, baie spesiaal sal vashou en op Sy liefdevolle manier vir jou/julle sal antwoorde gee, Hy is die Groot Geneesheer en Versorger. Moet asb nie wegbeur in jou teleurstelling, soek eerder Sy aangesig en laat Hy jou vertroos.

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service