PvR Gemeenskapskerk

Dit is waarmee ek na die Desember vakansie terugkom—die besef dat ek met integriteit my unieke menswees moet leef, Christus met die diensbaarheid moet volg en nie 'n dag moet laat verbygaan waarin ek nie verwonderd gelaat is oor die Skepper en sy skepping/skepsel nie.

Ek "steel" die boek van M.Scott Peck "The Road Less Travelled and Beyond" by my seun en ek besef hoe verder ek nag-in lees, ek MOES dit lees. Lees die boek. Word opgewonde daaroor om met integriteit en egtheid te dink—dink voor jy praat, dink voor jy doen, dink oor wat is waarheid (Waarheid) en wat is leuen. Wees dapper oor waarheid en leuen in jou eie lewe—laat God toe om dit vir jou uit te wys en groei! Groei, want jy kan, want Hy WIL dat ek sal grootword en sterk word sodat Hy vir my meer kan gee om te doen.

Raak bewus van die paradoks van die lewe: Groei is pynlik - "wie sy lewe wil behou moet sterwe"; "salig is die armes van gees..." en leer hoe om hieruit in diensbaarheid te groei. Sien die paradoks in jou naaste se lewe, die glimlag op sy gesig, maar die traan in sy hart (Henk se preek van Sondag)

In "The Man Who Mistook His Wife for A Hat" skryf Oliver Sacks ('n neuroloog) aangrypend hoe hy verby die mediese feite en wetenskap telkens die siel van die breinbeskadigde pasiënt soek...EN DIT KRY! Verwonderd skryf hy hoe ons dit miskyk en maklik die spesifieke stukkie genialiteit afmaak as "mal". Die film (tans by Cinema Noveau) "The Music Never Stops" beeld dit baie mooi uit—gaan kyk dit gerus. En ek besef hoe dikwels sukkel ek hiermee met mense oor my pad wat volgens alle mediese standaarde "gesond" is.

En ek fliek "A Dolphin"s Tale" en weer die metafoor en die paradoks om te wen moet ek verloor. En ek verwonder my aan die moed van kind, dolfyn, atleet—mense! om te leef, voluit te leef. En is dit nie wat God wil vir ons nie?

Om in Hom, in totale afhanklikheid en met vryheid te LEEF nie?!

Views: 121

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service