Is dit Tyd? Ontspan en Lag 'n Slag - Preek van 18 Aug 2019 Notas

Hier is 'n klompie notas om jou te help om die teks van Matteus 18:1-5 jou eie te maak. Leer by ons kinders en neem iets van jou innerlike kindwees weer terug.

Jesus sê ons het nodig om meer soos kinders te word indien ons in die koninkryk van die hemel, die koninkryk waarin God reeds teenwoordig is wil deel wees.Wat kan ons by kinders leer wat ons help om te verstaan waarom Jesus sê ons meer soos hulle moet word?

Kinders is...

Afhanklik

Kinders weet hulle is afhanklik van ander. Hulle probeer nie (altyd) daarteen veg en self hulle lewens beheer nie. Hulle het die vermoë om in die afhanklikheid te leef en vertrou. 

Ons kan self ook leer hoe om meer op God te vertrou en nie ons eie lewens probeer reël en organiseer nie. Hier is 'n paar oefeninge om jou te help met afhanklikheid.

* Neem 20 minute elke dag om net in God se teenwoordigheid te wees.

* Luister na aanbidding musiek wat jou herinner aan God se grootheid.

* Neem groot klippe, en skryf elkeen van jou probleme op hulle neer. Neem jou tyd en gee hulle aan God oor en los hulle agter. 

* Gaan slaap vanaand vroeër. Voor jy gaan slaap deel met die Here alles wat jy in Sy hande los en kies om nie oor te bekommer nie.

Verwondering

Kinders het die vermoë om oor die kleinste deeltjies van die lewe. Hulle neem tyd, maak die pas van die lewe stadiger en geniet klein plesiertjies. Hulle kan God se skepping waardeer vir wat dit is, of dit nou 'n blom, 'n gogga, die maan of 'n mens is, hulle kan prag daar in sien en dit waardeer.

Ons het nodig om weer in die oomblik te wees en alles om ons raak te sien. Ons het nodig om nie verby alles te kyk wat nou al vir ons algemeen geword het nie. Ons het nodig om weer met vars oë elke seëning om ons raak te sien. Hier is 'n paar oefeninge om jou te help met verwondering.

* Leef meer bewustelik (mindfulness).  Oop vir die Oomblik - Willem Nicol is 'n goeie boek om jou voete nat te maak in die manier van leef.

* Spandeer tyd in die natuur elke dag. Beleef die sonsopkoms, sonsondergang, kyk na die wolke, die sterre, hou die voëls dop, kyk na plante, of kyk na die gesig van 'n geliefde en neem net die prag in.

Dankbaar

Kinders is dankbaar vir alles, want hulle besef dat as iemand nie dit vir hulle gee of doen nie, gaan hulle dit nie hê nie. 

Ons het nodig om meer uit dankbaarheid te lewe aangesien alles wat ons ontvang het uit God se hand is. Daar is verskeie studies wat bewys dat dankbaarheid mense help om meer lewendig te voel, beter te slaap, meer empatie en goedhartigheid het en selfs sterker immuunstelsel het.  

* Hierdie artikel kan help met agtergrond: https://www.happify.com/hd/the-science-behind-gratitude/

* Hou 'n dankbaarheid joernaal of bottel

Selfsorg

Kinders het die vermoë (soms tot hulle ouers se frustrasies) om dadelik te sê wat hulle nodig het. As hulle honger is, moeg is, pyn het, bang is, bekommerd is, kwaad is, sê hulle so. Deur dit te doen word hulle behoeftes versorg en kan hulle weer die lewe in oorvloed geniet.

Ons het nodig om te leer hoe om nie die front die heeltyd voor te hou nie. Wanneer ons meer eerlik kan wees oor wat in ons binnekant aangaan en dit met God deel, hoe dieper groei ons verhouding met God en hoe makliker kan ons weer na lewe in oorvloed gaan. Ons funksioneer beter wanneer ons nie “honger”, “dors”, moeg, kwaad is, pyn beleef of bekommerd is nie. Om lief te hê, empatie te toon en aangename mens te wees kan van nature kom wanneer ons as mens versorg is. Hier is ‘n paar oefeninge om te help hiermee.

* Word bewus van wat in jou hart aangaan. Wat dink jy? Wat voel jy? Wat probeer jy onderdruk,? Wat probeer jy ontken? Klok gereeld by jouself in en hou dop waar jou gedagtes en emosies gereeld is. Hou ‘n joernaal hiervan.

* Noem wat aan die gang is in jou. Erken hoe dit jou affekteer en laat reageer. Indien jy dit kan adresseer en beter maak, maak so. Sit dit dan neer.

* Doen iets wat jou lewendig laat voel.

 

Vergewe en Vergeet

Kinders hou nie gebeure, situasies en woorde teen ander nie. Indien hulle vrede en vreugde wil hê om voort te kan speel, het hulle nodig om te vergewe en vergeet. Hulle is vry om die lewe in oorvloed te kan geniet.

Ons het nodig om die dinge van die verlede agter ons te kan plaas, te vergewe en vergeet indien ons werklik vrede en vreugde in ons lewens wil vestig. Dit is egter nie ‘n maklike proses nie. Tog is dit deur verskeie kundiges sowel as Jesus self bevestig dat vergifnis ‘n belangrike deel van mense wat gelukkig is se lewens moet uitmaak. PhD Everett L. Worthington, Jr. bestudeer vergifnis, nederigheid en ander waardes. Die volgende artikel kan van waarde wees. https://greatergood.berkeley.edu/article/item/the_new_science_of_fo...

* Lees meer oor die proses om te vergewe. https://www.wikihow.com/Forgive-and-Forget

* Skryf ‘n brief aan jou ouers, onderwyser, vriende, vyande wat jou te nagekom het.

* Praat met die Here oor jou proses met vergifnis. Vra dat God jou hart sal verander deur net te begin om vir jou die wil te gee om te wil vergewe.

 

Vreesloos

Kinders is nie net vreesloos met die waaghals optredes nie, maar ook met die belangrike elemente van voluit lewe. Dinge soos om jouself te wees, treetjies te neem in geloof, op te staan vir vriende en vreemdelinge, die eerste een te wees om vriende te maak en die eerste een te wees wat verkeerdhede begin regstel.

Ons het nodig om uit kinders se voorbeeld te leer en vreesloos onsself te wees, God te vertrou, na mense uit te reik, geleenthede aan te gryp en na vreemdes uit te reik. Hier is ‘n paar oefeninge wat jou hiermee kan help:

* Doen iets wat buite jou gemaksone is.

* Dans/sing/lag/speel asof niemand kyk na wat jy doen nie.

* Neem ‘n tree in geloof.

 

Sponse

Kinders het die vermoë om alles waaraan hulle blootgestel word, op te neem en aan ander weer te gee. Hulle kan liefde, geloof, optimisme en hoop in oorvloed opneem en dit vir hulle maats, skool, onderwysers, ouers gee.

Ons kan by kinders dieselfde leer. Die vraag is egter dat ons baie selektief moet wees oor dit waaraan ons blootgestel word en op suig. Wanneer ons, ons in die woord en teenwoordigheid van die Here onderdompel kan ons iets vir die mense in ons huise, gemeenskappe, werk en wêreld gee. Hier is ‘n paar oefeninge om jou hiermee te help:

* Soek ‘n mentor of spirituele begeleier wat jou deur verskillende fases van jou lewe kan gesels, bid en help om te sien waar God besig is in jou lewe.

* Wees ‘n vrywilliger in ‘n organisasie wat vir jou na aan die hart is.

* Wees ‘n mentor vir ‘n jongmens wat jou nodig het.

 

Speel en Rus

Kinders wat emosioneel goed versorg is speel graag, vind vreugde in die oomblik deur hulle lyfies te beweeg en te rus wanneer hulle dit nodig het. Speel en rus help om stres te verlig, brein funksie te verhoog, verbeter kreatiwiteit, verbeter verhoudings en konneksie met ander en hou kinders aktief en energiek.

Ons het nodig om by kinders te leer hoe om onsself minder ernstig te neem en meer te deel in die vreugdes wat die lewe ons kan bied. Ons kan vertrou dat God al die belangrike dinge van die lewe hanteer, sodat ons kan ontspan en net wees. Hier is ‘n goeie artikel (https://www.helpguide.org/articles/mental-health/benefits-of-play-f...) om dit te ondersteun, en ‘n paar oefeninge om ons hiermee te help:

 

Views: 25

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Die Vleiskombuis bestellings kan op die webblad gedoen word. Kliek op die prentjie om jou na die webblad te neem.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofsfamilie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2019   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service