PvR Gemeenskapskerk

’n Kwartaal “well played”

Voor mens dit besef is nog ’n helfte van ’n jaar verby en besef ons nie dat die tyd vir niemand wag nie. Die gedagte is natuurlik baie makliker as mens besef dat die tyd wat verbyglip goed gespandeer is. ’n sportspan wat net net agter is, hoop altyd vir net ’n klein bietjie meer tyd op die horlosie vir sy span. In refleksie op die afgelope kwartaal kan ek nie anders as om elke lid van die span en elke lid van die groepe met die volgende woorde ’n klop op die skouer te gee nie :”well played”. In die kwartaal het daar berge geskryf, daar het regtig ’n geweldige klomp goed gebeur, maar meer as dit is daar diep en intensioneel in verhoudings belê. Waar in die wêreld sal ons ’n beter plek kry om tyd in te belê as in verhoudings . Vreemdeling word vriende en vriende word familie in die afgelope halwe jaar.

Die kersie op die kwartaal se koek is egter nog wagtend op ons in die see kamp 2013. Daar is nog plekke en daarom is dit belangrik om te spring dat jy jou vormpie inkry. Jy wil nie die geleentheid mis nie. See kamp 2013 is ons kamp wat by Sodwana afspeel en kos R1350 per persoon. Die kamp is my persoonlike gunsteling kamp want waar in die wêreld gaan ’n jongmens vir ’n week saam met 60 vriende by die see baljaar? Net op See kamp 2013. Ons gaan genoeg speel en kuier en groei en Jesus ontdek en.. en .. en.. Die lys hou nooit op nie, want die is ’n kamp sonder beperkinge.

Hoop jy kan dit maak.

Waar voor kyk ons uit?
• See kamp 2013 se inskrywings sluit 2 Junie 2013, moet nie dat die tyd jou vang nie, kry jou vorm so gou moontlik in
• Sondag 2 Junie skuif die Jeug lyf, ons loop in die strate van Pierre van Ryneveld op ons eie pelgrimstog
• Sondag 9 Junie sluit ons die kwartaal af met ons afsluiting. Dit gaan ’n fees wees

Views: 89

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service