Die dae is verby dat kinders en jongmense net by die kerkgebou afgelaai kan word vir hul geestelike opvoeding. Die jeugbediening het ons kinders en jongmense vir een uur per week. Ons moderne tegnologie, maak natuurlik kommunikasie, veral met ons tieners, tydens die week baie makliker. Maar dis nog steeds nie genoeg nie.
Ek is besig met die boek “Allready Gone” van Ken Ham & Britt Beemer en die statistieke is skrikwekkend. Ek sal gereeld op my blog saamgesels en terugvoer gee oor die bevindinge in die boek.
Jeugbediening gaan nie oor nog programme nie, maar om met ons ouers hande te neem en saam die verantwoordelikheid te neem om ons kinders te begelei om Christus te ontdek en te leef, nie net Sondae nie, nie net by die kerk nie, maar in ons daaglikse verhoudings, oral waar ons gaan. Ouers is steeds die mense in wie se teenwoordigheid kinders die meeste van die tyd is en behalwe dit het ouers ook die grootste invloed op kinders se lewens – goed of sleg.
Indien ‘n kind een uur per Sondag by die kerk aan kategese, kinderkerk of ‘n jeugbediening bestee, is dit slegs ‘n fraksie van die tyd wat die kind in sy ouers se teenwoordigheid is. Omdat kinders ‘n groot deel van hul tyd ook aan skoolonderrig, sport, ontspanning by vriende en meer tyd voor elektroniese skerms (selfoon, rekenaar, televisie, flieks) bestee as wat hul ouers deur die week werk, moet die rol van ouers in kinders se geestelike opvoeding nie ligtelik opgeneem word nie. Kinder- en jeugwerkers, mentors, predikante, gemeenteraadslede en alle opvoedkundiges moet met ons ouers hande vat en saam ons kinders begelei na geestelike volwassenheid.
Die ideaal is om as ouers, saam met die kinders en jongmense, deur die week verder te gesels oor wat op ‘n Sondag by die kerk ontdek is. Gesels daagliks met u kinders en jongmense oor hoe om Jesus te volg en op watter wyse die 3V’s (Verwondering,Volgelingskap en Verhoudings), in hulle lewens uitgespeel is.
Ja, jeugbediening is groot pret. Kinders neem aan baie aktiwiteite deel, hulle gaan op kampe, hulle geniet die sang en musiek. Selfs die peuters en kleuters word op wonderlike maniere bedien, maar die vrae wat ons onsself moet afvra, is:
Ons nooi ons ouers oms saam met ons te reis hierdie jaar, hande te vat en saam met ons kinders te Ontdek en te Leef. Woon asb ons graad ouergesprekke by en kom gesels saam.
Die datums ir die gesprekke verskyn in hierdie week s E-nuus.
30 Mei 2012 van 5:30 tot 6:30 – PVR Gemeenskapskerk
30 Mei 2012 van 19:00 tot 20:30 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 10:00 tot 12:00 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 14:30 tot 15:30 – PVR Gemeenskapskerk
4 lede
56 lede
19 lede
6 lede
12 lede
6 lede
20 lede
4 lede
27 lede
10 lede
© 2012 Created by PVR Admin.
Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!
Join PvR Gemeenskapskerk