PvR Gemeenskapskerk

 

RSVP op die web by "Gebeure".  Sien jou daar!!! :-)

Views: 62

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Henk Janse van Rensburg op 24 Junie 2011 om 16:53
Ons is saam met julle dankbaar dat dit so spesiaal was. Die "time lapse" video wat jy gelaai het, is indrukwekkend. Kan sien daar is baie ure ingesit.
Kommentaar deur Barend Bezuidenhout op 21 Junie 2011 om 17:23

Hier is die Time Lapse Video :-)  Dis regtig amazing hoe Vader voorsien wanneer Hy vir ons iets op ons harte lê om mense te seën.  Wat 'n belewenis!  Tydens die hoogtepunt van die kompetisie was daar 'n bietjie meer as dertig rekenaars in die netwerk.  Pryse is gegee vir die eerste twee plekke met die Trackmania en Warsow kompetisie.  Die "downhill mountain bike challenge" is die Vrydag oggend beslis en nog 'n gelukkige wenner het weggestap met 'n lekker CD.

Die volgende LAN word voorlopig beplan vir die 30ste September 2011.  Meer details nader aan die tyd.

Baie dankie aan almal wat belê het in hierdie projek.  Dit was 'n groot seën vir almal wat daar was.

 

Kommentaar deur Barend Bezuidenhout op 8 Junie 2011 om 21:16

'n Paar mense het gevra dat ek bietjie meer uitbrei oor wat 'n LAN Party dan is en hoekom ons 'n LAN hou.

 

Wat is 'n LAN Party?

Stel jouself die kerksaal voor met 48 bliktafels in 8 rye van 6. (Ja, dit maak omtrent die hele saal vol! :-) By elke tafel is daar twee rekenaars met iemand wat druk aan die speel is. Ons gebruik die LAN (Local Area Network) poort van elke rekenaar om al die rekenaars aan mekaar te koppel in 'n netwerk.  Dit doen ons deur 'n kabel na 'n "switch" (ook voorheen 'n "hub" genoem) aan te lê van elke rekenaar af.

Krag vir al die rekenaars word voorsien vanaf 'n spesiale krag harnas, wat aan die drie-fase konneksiepunt van die kerk gekoppel is.  Elke rekenaar kry dan twee 3-punt "plugs" wat gebruik kan word om krag aan die rekenaar skerm en -boks te gee.

Elkeen wat speel gebruik oorfone, omdat luidsprekers te veel krag gebruik en ons nie wil hê dat die krag moet "trip" omdat iemand sy "subwoofer" saamgebring het en die kragstelsel oorlaai nie. :-)  Eintlik is 'n LAN Party verrassend stil - kom luister gerus self (bring jou laptop/rekenaar saam).

Daar is geen internet koppeling wat voorsien word nie, en daarom is ons goed beskerm teen die buitewêreld en monsters op die internet.

Ons voorsien 'n DVD vir elke speler met "freeware" (gratis) speletjies op.  Die speletjies is so gekies dat 'n klomp rekenaars wat aan 'n netwerk gekoppel is, baie lekker kan saam speel.  Die twee speletjies wat baie populêr is, is Trackmania en Warsaw.

Trackmania is 'n motor resies speletjie waar almal dieselfde motors het, en deelnemers op 'n baan teen mekaar jaag om die vinnigste tyd op te stel.  Wat uniek is hieraan, is dat mens nie teen die ander spelers kan bots nie, maar hulle wel kan sien.

Warsaw is 'n "cartoonerige" "first person shooter" waar elkeen gewapen is met 'n laser geweer.  Hierdie een is gekies omdat daar nie 'n bloederige gemors is wat oorbly van iemand wat geskiet is nie.  Dis so te sê "paintball" met 'n lasergeweer.  Wanneer iemand geskiet word, begin hy dadelik weer oor (ons noem dit "spawn"), en dan gaan die speletjie voort vir 'n bepaalde tyd, todat die "kills" getel word aan die einde.

Spesiaal vir Ds Jan het ons besluit om ook 'n bergfiets "downhill" resies speletjie ingesluit op die DVD waar mens kyk hoe vinnig jy teen 'n wilde bult kan afjaag. :-)

Goed, soveel vir die tegniese details.

Hoekom hou ons 'n LAN vir die Joeff?

Eintlik vir 'n klomp redes, maar hier is die kort weergawe. :-)

Ons hou van Nerds.  Ons verstaan wat hulle deurgaan (eintlik maar omdat ons dit self deurgegaan het, en omdat ons miskien self nog 'n bietjie Nerderig is :-).  Hulle het net baie "cooler" speelgoed deesdae.  Ons wil hulle dien met die passies en talente wat Vader vir ons gegee het.  Ons wil hulle laat weet dat die Here nie net lief is vir die Victor Lodorum en eerste span ouens nie, maar ook 'n spesiale plan met hulle lewens het.  Ons wil hulle net 'n veilige plek gee om hulle-self te wees in 'n omgewing wat hulle van hou.  Ons wil ook ander mense verwelkom en laat gemaklik voel wat dalks nie heeltemal Nerds is nie, maar wat ook opgewonde is oor die "cool" tipe sosiaal verkeer.

Met dit alles saai ons in ouens se lewens met die DVD.  Dit het nie net die gratis speletjies op nie, maar ook 'n paar relevante praatjies van ouens soos Chip Ingram, Andy Stanley en Louis Giglio op om hulle aan die dink te sit.  Op so 'n manier sit ons geestelike media in ouens se hande wat miskien nooit op hulle eie stoom by dit sou uitkom nie.

Laastens is dit baie pret.  Die uitdaging bly om hulle te "bless" op 'n manier wat vir hulle sin maak.

Kom geniet dit gerus saam met ons!  Toegang en koffie is heeltemal gratis :-)

Kommentaar deur Hanlie Boshoff op 2 Junie 2011 om 8:21
Thanx Barend. Ek is oortuig die gaan weereens 'n wenner wees.

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service