PvR Gemeenskapskerk

Juniors: Nikodemus - ‘n Nagdissipel wat ‘n onverskrokke daggetuienis lewer!

Ons Juniors kuier saam oor die vraag wat Nikodemus vir Jesus kom vra: Hoe word ek 'n kind van God? Eers moet ek vir 'n groep graad 1-3's verduidelik wat die Fariseërs gedoen het. Die Fariseërs het onder andere baie wette onderhou - die kinders se reaksie maar daar is mos net 10! Een van die kinders sê ook dat hy hulle almal ken (hy's in gr 2), hy begin hulle opsê en by die 6de gebod steek hy 'n bietjie vas - een van die gr 1's help hom "Jy mag nie in die badkamer rook nie". (Ek het gedink dis hiper oulik - wonder wat het by die skool of huis gebeur????) Na al die gebooie gaan ons terug na Nikodemus. Nikodemus verstaan nie hoe om "nog gekeer gebore" te word nie. Hierdie “nog gekeer gebore word” beteken letterlik van bo-af.  Om “weer ‘n keer gebore” te word is die geestelike gawe van die ewige lewe wat God “van bo” in die mens inplant deur die Heilige Gees. Weer kom daar nog 'n vraag: "Was daar al ooit 'n baba wat nie sonde gedoen het nie?" Ek vra die kinders wat dink hulle. 'n Graad 3 dogtertjie antwoord: "Natuurlik, Jesus is gebore sonder sonde." Dis darem hiper lekker om met die kinders te werk, hulle maak alles so maklik! Ons bou papier vliegtuie om Jesus se voorbeeld van die wind te gebruik. Ons sien die bome se blare beweeg maar ons sien nie die wind nie. Daar was 'n paar manne wat my goed bevraagteken het oor vliegtuie - hoekom het hulle dan enjins, of ene bou 'n heel interessante vliegtuig (soos 'n sweeftuig - werk mos net met wind was die antwoord) - ek sal so graag wil weet wat hulle eendag gaan word! Ek was seker dat Jesus met 'n "smile" gesit & luister het oor al die kommentaar & vrae Sondag! Ons kinders is elk 'n pêrel in Sy kroon!

 

Views: 48

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service