PvR Gemeenskapskerk

Ons besluit om soos die Moses en die Israeliete van ouds uit die kerk uit te trek! Toemaar, toemaar dis net vir een Sondag!  Ons slaan 'n "tabernakel" op agter die kerk & hou buite "kerk"! Maar nou waarom 'n tabernakel? Laat ons vertel! Die graad 1-6'se het die afgelope semester uit die Bybel@kinders gelees. Ons lees uit die eerste semester net uit die Ou Testament. Elkeen van ons helde het 'n ernstige gesprek met God gehad - Josua het besef hoe groot is God se doen-manier; Hanna met haar hartseer-belofte-gebed vind sy uit dat God die Skepper is & Hy laat wondere gebeur; Hiskia bely voor God dat Hy die Alleenregeerder oor al die nasies is & dat Hiskia op God kan vertrou, God antwoord Hiskia se gebede met 'n belofte; Sara se lag & dis-onmoontlik-dagtes en die wonderwerk daarna wys net hoe groot ons Skepper is & dat niks onmoontlik vir God is nie; Josafat vra hulp by God en God verslaan die vyand sonder dat Josafat en die Isaraeliete een swaard hoef op te tel - God is in beheer.

Nou weet waaroor ons elke Sondag saam gekuier het - wel die 13de Maart het ons hersiening-op-'n-ander-manier gedoen. Ons het gekyk hoeveel tree groot is die omtrek van die kerk, enige iets van 170 tot 272 tree (Josua laat Jerigo se mure val - ons loop net een keer om die kerk want wat as ons 7 keer omloop?????); ons bid elkeen oor iets spesifieks (Hanna bid vir 'n kind); ons speel 'n speletjie om vertroue in mekaar mee te help (Hiskia sit al sy vertroue in God), ons almal hou van lag (Sara lag oor God se idee vir 'n kind op haar hoë ouderdom) en ons sluit van met 'n klomp gebede van die kinders in die "tabernakel" om net weereens te besef hoe God in beheer is van elkeen van ons se lewens! Ons vra dat die kinders wat wil bid - net een sinnetjie bid om almal kans te gee - ai maar dis net te moeilik om net een sinnetjie te bid! Ons kinders bid so opreg & met eenvoud - ek's sekere onse Here het die hele tyd met 'n reuse glimlag op Sy gesig geluister! Hierdie buite-kerk-tabernakel was net hiper lekker gewees & ons kan dit beslis weer doen!

Views: 185

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service