PvR Geloofsfamilie

Ons is skaars daar by Leeuwspoor Wildreservaat of ons kry elkeen 'n heerlike bord kos! Moet ons nog glo wat ons ma's gesê het oor te gaan swem net nadat jy geëet het?  Ons het geluister na ons ma's!  Ons gaan speel eers in die groot saal 'n paar speletjies om sommer mekaar beter te leer ken!  Jeandre & Stephan hou die seuns agter vir 'n baie belangrike saak terwyl al ons dogters gaan swem!  Die water was heerlik & vinnig begin ons "tag-of-war" wat die heel naweek die "in" ding was!

Na die lekker afkoel kuier ons saam met die eerste "V" - Verhoudings!  Ons kyk na Daniel & sy vriende wat hul eie kos kon eet want deur God se goedheid het die koning se hoofamptenaar Aspenas baie respek vir Daniel gehad. Kies ons met wie ons verhoudings bou of moet ons met almal verhoudings bou wat ons lewe deurkruis?

Ons speel nog 'n paar speletjies - dan is dit slapenstyd!  Ai, daai woord bestaan nie in 'n gr 4-6 woordeskat!!!  Uiteindelik wen ons die troepe (horlosie se lang arm beslis na 12) maar die seuns pas ons op!  Baie dankie daarvoor!

Sewe uur is almal net-net wakker & ons kuier weer saam met Daniel in die Leeukuil - tweede V vir Volgeling!  Wat is ek bereid om te doen om God te volg.  Sal ek sommer net verander om almal rondom my te pas of "volg" ek God se pad vir my?

Na ontbyt deel ons in groepe & elke groep moet 'n naam vir hulle groep uitdink gemaak uit 'n kleur, plant & dier - Silwer Sonneblom Slange!!!!  Elke groep maak ook 'n kreet vir hulle!  Dit was hiper-oulik!  Dan hou ons konsert!  Die groepe moes die 3 V's uitbeeld!  Ons kan enige drama-groep opdraend gee!  Die kinders se kreatiewe "juices" het oorgeborrel!!!! 

Na die konsert is dit weer swemtyd!!! Ons speel 'n rondomtalie met "Find-the-ball-with-sweets", Handdoek-volleyball, "Step-2-step", Mik-tree-mik en nog ander!  Dit was baie pret gewees - en natuurlik swem ons daarna!

Na ete speel ons eers weer speletjies in die saal want die Bosveld-son is baie warm! Ek weet nie wie die speletjies die meeste geniet het nie - groepleiers of kinders???  Ons speel Jeandre-se-3-groep-3, mummy en "up&under"!!!

Nadat so 'n klein bietjie afgekoel het, is dit swembad kaskenades!  Chappies & meel? Agge nee, wat dink hulle nog alles uit?

Hieha dan is dit tyd om te maak wat ons wil!  Party swem, party kuier saam & party speel krieket!

Na aandete kuier ons saam oor die laaste V - verwonderd!  Wie was die vierde persoon saam met Daniel se 3 vriende in die sewe keer warmer oond?  As God saam met Daniel se 3 vriende in die oond was - dan is Hy mos ook saam met my?

Het julle al lantern-bekruip in 'n helder maanlig nag beleef?  Ai, maar dit was baie pret!  Ek wens ons kon elkeen se storie opskryf - party baie snaaks!  Nee, man dis 'n klip ( 'n klip wat soms beweeg?)!!!!!  "n Bos wat op sy eie nader beweeg?  Maar ons beleef ook dat God ons net hiper mooi oppas! (Maar dis 'n storie vir 'n ander dag!)

Sjoe - met al die opwinding van die latern bekruip slaap almal, ja ek herhaal almal sommer baie vinnig!!!!!

Ons sukkel om almal wakker te maak & kry dit net-net reg!  Ons gaan stap deur die wildreservaat, drink water saam met die diere, maak die miere deurmekaar & die volstruis maak ons skrik!  Ons lees saam Ps 139: 5&6 - U beskerm my hele lewe. Ek kan dit glad nie verstaan nie, al probeer ek.  Dit is te oorweldigend.  Na die tyd besef ek, dis presies ons tema van die naweek - God het ons net hiper mooi opgepas!  Ek staan verwonderd oor Sy goedheid!!!

Te vinnig is die naweek verby - ons swem vir die laaste keer, pak, ruim op, snoepie, in die bus & verby is die naweek!

Dankie vir almal wat saam gekom het - die kinders & veral die groepleiers!  Die groepleiers was net elke slag daar as ons hulle nodig gehad het - as ek begin wonder wat nou, is 'n groepleier daar met 'n oplossing!  Sjoe - julle het my taak so maklik gemaak!

Views: 591

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Bestel nou vars vleis tot 31 Oktober vir aflewering by kerk in week van 1 November.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service