PvR Gemeenskapskerk

By ons Juniors, het hulle verlede week gekyk na die skeppingsverhaal, Genesis 1. Hulle het herontdek dat God die Vader van alles is en dat alles wat geskape is, 'n spesifieke doel het, selfs die kleinste insek.

Hierdie week ontdek hulle saam die wonder van die skepping van die mens, en dat elkeen van hulle uniek en met groot liefde en sorg geskape is, soos in Genesis 2 gelees kan word. In julle stiltetyd saam met die kinders, raak bietjie saam verwonderd en ontdek die sin van die mens en hoe uniek ons elkeen is.

Daar word elke week 'n Kidz Press, ons jonges se koerantberig, orals opgeplak. Dit is waaroor ons kinders die volgende Sondag saam gaan gesels. Dit word spesifiek gedoen sodat ons gesinne die week saam kan gesels oor die gedeelte en saam in verwondering kan raak oor wat ons ontdek. Die Kidz Press hieronder het verlede Sondag verskyn, maw dit is waaroor saam gesels gaan word hierdie Sondag.

Hou die pers dop vir verdere inligting oor waarmee ons jonges besig is.

 

Views: 71

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service