PvR Gemeenskapskerk

Saterdag oggend half 5 kry ons meer as 30 vrywilligers - van oor die 40 jariges tot 9 jariges - by die kerk en toer ons af Lugmagbasis toe om die dag daar koeldrank te verkoop en so 'n paar rand in te samel vir ons jeugfonds. En wat  'n belewenis was dit nie! Almal het ingespring en gehelp, koeldrank kratte rondegery en gedra, verkope gedoen en sommer net ingespring en gehelp waar nodig was. Die atmosfeer was lieflik en natuurlik die vertoning onbeskryflik. Yip, ons kon darem deur die rondhol en harde werk tyd kry om na die ongelooflike vliegtuie ens. te kyk. Die spangees, die samewerking, die mooi manier waarop daar met die publiek gewerk is en die manier waarop almal ingespring en gehelp het, tot die laerskool kinders, was inspirerend en ongelooflik. Ek het net Saterdag weereens besef wat 'n voorreg dit is om saam met PvR te reis en Christus te ontdek en leef.......en Saterdag het daaroor gegeaan om Christus te leef.

 

Vir almal wat gehelp het, verskriklik dankie. Dit was 'n voorreg! Vir alml wat kom inloer en groet - dit was lekker om te weet julle stel belang. Die seer arms, spiere en rug was uit en uit die moeite werd. Hopelik word ons volgende jaar weer genooi om die ongelooflike belewenis mee te maak.

Views: 28

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service