PvR Gemeenskapskerk

Nou kan jy ons webblad op jou selfoon lees. Ons beveel egter aan dat jy nie jou selfoon se gewone "web browser" gebruik nie, maar wel Opera Mini. Opera Mini werk vinnig en maklik. Kliek hier om te sien hoe jy dit kan aflaai. Die groot voordeel van hierdie "web browser" is dat hy webblaaie krimp, so hy werk baie vinniger as ander "web browsers." Probeer dit gerus en laat weet wat jy dink.

Views: 51

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Jan Botes op 20 Augustus 2009 om 16:06
Ek weet nie hoekom moet predikante nog verlof ook kry nie, want vat hulle 'n Sondag af het hulle twee weke verlof.

Henk die opmerking hierbo is sommer tong-in-die-kies. Ek weet julle werk baie hard en soms as ons nog in / al in die bed lê, woon julle 'n krisis by of staan mense in nood by.

Geniet daardie vakansie en kom veilig terug.
Kommentaar deur Henk Janse van Rensburg op 20 Augustus 2009 om 14:50
Hallo Louise, ek is bly jy het reggekom. Opera Mini maak dit moontlik dat ek nou hier op vakansie toegang tot die webblad het. Dis lekker om die tegnologie so te kan gebruik. Henk
Kommentaar deur Louise Jackson op 20 Augustus 2009 om 9:03
Hi Henk. Selfs ek wat nou nie eintlik baie sterk op die rekenaarveld is nie, kon Opera Mini aflaai! Dit het wel eers 3 keer ander foonsoorte geëien as my foon (LG , Samsung) maar ek het maar net weer dit versoek en toe hy vir my 'n Nokia opsie bied het ek dit aanvaar. Dit was nie eers vir my spesifieke model nie maar dit werk tog! (Lekker vakansie hou!)

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service