PvR Gemeenskapskerk

Lewenskuns... wat is dit?

  • Om te leef is om asem te haal. Maar om te leef is ook om in verhouding met iets/iemand te wees. Vir my om suurstof in te asem moet daar plante en lug wees wat die suurstof verskaf. Veel meer beteken lewe vir ons as mens om in verhouding met ander mense "asem te haal"
  • Kuns is om kreatief te skep. In eenvoud dus klink lewenskuns vir my na 'n kreatiewe manier van "in verhouding" te wees.

En hoe kreatief was God nie met die eerste verhouding nie? Vader, Seun en Heilige Gees almal in Een. Uitsluitlik om mekaar te eer,dien en heilig. En die Kunstenaars kwas skep lustig voort en die mens word deel van hierdie verhouding. En nog 'n kwashaal en mens staan in verhouding met nog 'n mens.

Wat is dan die kuns agter die verhouding? Waar begin die kwashale of die brei van die klei? 

Huwelike begin by verliefdheid. Stelselmatig vervaag dit en kom die ontnugtering "ons verskil van mekaar", van konflk en die maters hou uit ("cope") vir 'n ruk. Dan begin die veg-of-vlug reaksie of...daar word besluit om bewustelik aan die verhouding te werk. En net hier begin die kuns van ontdek en groei en heelword; die dans van verhouding — soms 'n wals, soms 'n fox-trot en soms die passievolle tango.

Die verhouding met my self loop ook so — soms veg ek met myself, soms vlug ek van myself en soms oorleef ek net. En op 'n dag het ek net genoeg gehad en dan begin ek bewustelik met my groeiproses. Ek lees, ek kry 'n mentor, sien 'n terapeut en ontdek stelselmatig wie is ek nou eintlik. Wie het God my bedoel om te wees?

En so loop ons verhouding met God ook. Ons raak "verlief" op Hom en die doek is wyd en oop en vol belofte. Dan raak ons lui, of twyfel of ons in die Meester-stuk pas, of probeer om so agterlangs aan nog skilderstukke te werk en verdeel ons aandag. Kort voor lank veg of vlug ons. Net... God het die manier (en genade) om skilderye te voltooi - Hy kom haal ons en deur sy Gees begin ons ook bewustlik in hierdie verhouding met Hom te groei — nie omdat ons moet nie — omdat ons WIL.

En hierdie woordjie WIL lyk dit vir my, is die begin van  Lewenskuns. Die wil om te groei, die wil om aan my verhouding met myself, my maat en met God te werk. Om heilig te wil wees, want God is Heilig.

Wat 'n kunstige, kreatiewe voorbeeld het ons nie in Christus self nie? Watter beter tyd van die jaar as juis die Kerstyd om weer bewus te raak van die feit dat God 'n God van verhoudings is. Lewenskuns....geseënde Kersfees!

Views: 118

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service