PvR Gemeenskapskerk

Hierdie "loflied" plaas ek met die toestemming van die egpaar. Dit het gebeur aan die einde van 'n huweliksgroei werkswinkel. Wat my in verwondering het hieroor is dat hierdie selfde maat aan die begin van die werkswinkel baie duidelik daaroor was dat sy reg is om "weg te hardloop":

"Ek is mal oor jou lagplooie, en die lyne langs jou mond is vir my kosbaar. Ek is mal oor jou "bulky" bolyf wat net soos ons seuntjies s'n lyk. Jou hande is flippen mooi,so sag en sterk,sonder dat ek ooit sien hoedat jy hulle versorg.

Ek "laaik" dit dat jy nie 'n grillerige biermaag het nie.

Ek onthou hoe mooi was jou bene vir my tien jaar terug, so sterk en solied, en dit is steeds so. Jy is vir my so 'n mooi man.

Ek waardeer dit dat jy nog bome plant en ons tuin so mooi versorg.

Ek waardeer dat jy alles onmiddellik regmaak en so hard werk om jou eie doelwite te bereik en my ook help om doelwitte te kry.

Ek waardeer dat jy vir ons kinders dissipline leer.

Ek waardeer dit dat jy jou beloftes nakom.

Wat  ek lief voor is in jou is hoe mooi jy met mense werk, ook met ons huishulp - hoe verskriklik baie respek jy vir haar het.

Jy skinder glad nie en ek kan jou vertrou dat jy my nooit met ander sal bespreek nie.

Ek waardeer jou geduld en jou openheid vir ander.

Ek sien die vrug van die Gees in jou!"

Om hierdie groei in 'n egpaar se huwelik oor die loop van 'n naweek te kon sien en meemaak was een van die nederigste ervarings in my lewe. Ek het die wonder van verhouding beleef. Ook die wonder van groei wat gebeur wanneer twee mense besluit om bewustelik aan hulle verhouding te werk. Kosbaar!

 

Views: 163

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service