PvR Geloofsfamilie

Los Angeles - Alan Hirsch en Fuller Teologiese Skool

Kyk hier na die fotos van Los Angeles - Dag 2

Vandag was een van daardie dae wat 'n mens jouself knyp en wonder of dit regtig waar is. Ons is eintlik nog besig om ons ervaring met Erwin te herkou en deur te werk, toe is vandag op ons.

Die Fuller Teologiese Skool se kampus in Los Angeles is een van 5 in die VSA. Daar studeer tans meer as 5000 studente op die verskeie kampusse. Dis 'n pragtige, geskiedkundige plek wat dateer uit 1946 met imposante ouer geboue en indrukwekkende moderne geboue. Dis word internasionaal beskou as een van die mees gesaghebbende teologiese skole beskou. kurt Fredrickson, die dekaan, het ons vriendelik en gasvry ontvang en het goedgunstiglik die hiper-moderne lokaal van die doktorale studente afgestaan aan ons vir die dag. Wat 'n voorreg.

Alan Hirsch is klein van gestalte maar ongelooflik dinamies en buitengewoon inspirerend. Ons ontdek dat hy in Suid-Afrika gebore is en skoolgegaan het aan Paarl Gimnasium en Paarl Boys High. Hy het sy voorgraadse studie voltooi in Melbourne in Australie. Hier het hy sy vrou ontmoet en het later na die VSA verhuis.

Ons het in diepte gesprek gevoer oor die toekoms van die kerk en nagedink oor vrae soos:

- Hoe gaan die kerk daarin slaag om die moderne wêreld te bereik met die evangelie? Die kerk in die weste is besig om met rasse skrede te krimp en 'n al hoe groter persentasie mense word as buite-kerklik beskou. Die kerk in Europa het byna doodgeloop en op meeste ander plekke in die weste toon die kerk 'n negatiewe groeipatroon. Ook in "westerse" Suid-Afrika. Groeiende kerke, veral in ons land, hou hulleself meer en meer besig met die "hersirkulasie van die heiliges". In ander woorde, kerke wat groei, groei uit die lidmate van ander kerke en nie uit mense wat buite kerk is nie.

- Is dit die kerk se taak mense uit die wêreld te roep of is ons roeping om na mense te gaan in die wêreld? Vandag se komplekse en veranderende wêreld, veroorsaak dat daar al hoe minder "commonality" is tussen mense en al hoe meer verskille. Die kompleksiteit van ons wêreld veroorsaak dat faktore soos taal, geskiedenis, wêreldbeskouing ens. groot struikelblokke word vir die evangelie. Die kerk se uitdaging is dat ons steeds met die wêreld praat asof hulle ons taal en beelde verstaan, maar die wêreld hoor al lankal nie meer wat ons praat nie. Jesus het gegaan na waar die mense is en hulle behoeftes en uitdagings aangespreek. Die kerk het daar ontstaan en bestaan waar die mense was.

- Het ons struktuur ‘n struikelblok geword vir die evangelie?

- Het ons Jesus ingedruk in ons verstaan van kerk? Volgens Alan moet ons verstaan van Christus ons roeping vorm en dit bepaal weer die vorm en funksie van ons kerkwees. Die uitdaging is dat ons kerkwees bepaal hoe ons Christus sien! In die proses aanbid ons later ons eie idee van Jesus en nie die Jesus van die Bybel nie.

Die gesprek het ons uitgedaag en verfris op verskillende maniere met nog vele meer vrae en oplossings. Dink saam met ons oor hoe ons die evangelie kan laat vloei na ‘n verloregaande wêreld sonder om oor onsself te struikel.

Ons sal probeer om dele van ons gesprek by die preke te plaas sodat jyself daarna kan luister.

Later die dag het ons gaan reflekteer oor ‘n lang aandete by die “Cheesecake Factory” in Santa Monica. Heerlike burgers en dekadente kaaskoek het ‘n fantastiese dag afgerond.

Gesels saam en deel jou gedagtes!

Views: 97

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Kommentaar deur Eddie Symons op 16 Maart 2010 om 19:09
1. Hoe gaan die kerk daarin slaag om die moderne wêreld te bereik met die evangelie? Deur baie hard te werk, met liefde vir mense en die evangelisasie en om hierdie twee sonder konflik reg te kry. Sjoe dit klink onmoontlik deur mense presies. Dit kan net gedoen word met die Heilige Gees in ons

Het ons Jesus ingedruk in ons verstaan van kerk? Van die begin van die Bybel plaas die mens God in 'n boksie. Wat bedoel ons by kerkwees?

Ek hoop julle bring vir my 'n stukkie Kaaskoek. groete Eddie
Kommentaar deur Willie Solomon op 16 Maart 2010 om 9:01
More aan ons span
Dit is voorwaar 'n besondere voorreg om saam met julle te wees al is dit net om te lees en na die foto's te kyk. Ek hoop en bid dat dit vir julle en ook vir ons as gemeenskap baie voordelig sal wees in die toekoms. Ek glo dat Jesus saam met julle reis en vir julle toerus met die kennis wat julle nodig het om Sy werk in ons gemeenskap te kom doen. Groete en onthou om dit ook te geniet.
Willie Solomon

Nuusflitse

Bestel nou vars vleis tot 31 Oktober vir aflewering by kerk in week van 1 November.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service