PvR Gemeenskapskerk

Uiteindelik aangekom in die groot stad Los Angeles. Ingeboek in ons hotel het ons gou reggemaak om te vertrek na Mosaic se bediening by die"Mayan" nagklub in "Downtown Los Angeles.

Baie unieke en "cuttung edge" diens belewenis. Erwin is 'n uitstekende spreker en die hele ervaring is vars, jonk en gerig op jonger mense van 20-30. Hulle fokus veral daarop om mense wat glad nie kerk bywoon nie te bereik.

Baie dinamiese byeenkoms met baie stof tot nadenke. Sal more daaroor gesels.

Kliek gerus hier vir fotos wat ons tydens die diens geneem het.Ons sal more bietjie reflekteer op ons bladsy.

Refleksie op die Mosaic ervaring:

1. Informele en gemaklike atmosfeer
2. Groot gedeelte van die bedieningspran is JONG vrywilligers
3. Die kerk gebeur "in die wêreld" ... 'n sterk sin vir gestuurdheid
4. Egtheid en deursigtigheid, nie net in die prediking, maar ook in die manier waarop goed gedoen word.
5. Skrifgetroue, uiters toepaslike prediking. (Ons plaas 'n opname op die web, hou vas)
6. 'n Jonger generasie wat met toewyding en oorgawe daar is en deel is
7. Erediens vind plaas binne 'n gebou wat gehuur word in "downtown Los Angeles". Kerk op die plek waar die werk is. (Kyk uit vir nog fotos oor die gebou.
8. Musiekbediening is sterk, modern, eie styl en onopgesmuk en eenvoudig treffend
9. Redelike "jong" gemeentelede maar hulle dra mildelike dankoffers by vir die uitreikwerk va ndie kerk.
10. Ons "Vars!" aanddiens is redelik op hierdie model geskoei met die klem op interaksie, egtheid, dinamiese aanbidding ens.

"It is at the heart of Mosaic to live generous, compassionate, fueling lives of faith. There is no better way to serve our city and world than joined to others in our community. The church is defined by it's people and how we serve others together for a greater good"

Praat gerus saam met ons..oor jou nadenke




Views: 29

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur PvR.2(USA)10 op 15 Maart 2010 om 14:02
Jis Wardi, jy is 100% reg. Die doel van ons besoek is beslis nie net om klakkeloos 'n klomp dinge oor te dra nie. Die goue woord is KONTEKS. Mosaic is baie sterk Los Angeles gebaseer en gerig op 'n gleuf van 20-35 ongeveer. Wat ons wel raaksien is wat vir hierdie generasie werk. Ek skry op hierdie blog so paar woorde van refleksie daaroor. Die groep waarin ons toer het ook lekker sterk refleksie in, wat ons help. Waardevolle opmerking!
Kommentaar deur Wardi Smit op 15 Maart 2010 om 11:46
Op die positiewe kant. Ek het na die foto's gekyk en ek dink wat die mense doen is goed. Ons moet uitgaan en die mense bereik op die vlak waarop hulle leef. Ons kan nie mer sit en wag dat hulle na die kerk toe kom nie. Dan n bietjie negatiewe kommentaar. Ek is bekommerd dat ons die Amerikaners slaafs gaan navolg. Wat hulle doen is goed. Dit is nie te se dat dit vir ons gaan werk in SA nie. Ons worstel met heeltemal ander goed as wat die mense in Amerika worstel. Ons moet kyk wat hulle doen en sien of ons dit kan implementeer in die SA mark. Geniet die res van die reis
Kommentaar deur Riana van Rensburg op 15 Maart 2010 om 9:59
Hi, baie bly julle is veilig daar. Geniet dit vreeslik en laat die nuus vloei. Riana

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service